30 dae-uitdaging vir dertigers

Die gelukkigste, beste jý

As jy rondom dertig is en voel asof jou lewe ’n bietjie stagneer, asof jy dieselfde dinge oor en oor doen … wanneer laas het jy jouself uitgedaag?
Doen die 30 dae-uitdaging vir dertigers vanaf 1 tot 30 Augustus.

30 dae-uitdaging vir dertigers

Méér oor

Is jy gereed? Gereed om die gelukkigste, beste jý te wees?

’n Doelbewuste besluit om in jouself te belê is die eerste stap om die rigting van jou lewe te verander. As jy gereed is hiervoor, sal Die gelukkigste, beste jý waarskynlik die belangrikste belegging wees wat jy nog sal maak! In dié 30 dae-uitdaging vir dertigers deel bekende persoonlikhede, radio- en TV-aanbieders, lewensafrigters en motiveringsprekers nuwe, kreatiewe oplossings vir ou probleme om ‘n betekenisvolle lewe te lei …

30 dae-uitdaging vir dertigers

Wat alles ingesluit is by dié uitdaging

Daag jouself uit vir nét 30 dae

Daag jouself uit vir nét 30 dae

Hoekom 30 dae, vra jy dalk? Want 30 dae is haalbaar!
Dis nie so lank dat jy halfpad sal wil opgee nie. Dis net die regte hoeveelheid tyd om nuwe gewoontes of ’n manier van lewe uit te toets óf om slegte gewoontes te breek.
Elke dag help ons jou hoe om ’n ander area van jou lewe te verander. Jy verdien om ’n gesonde en fikse liggaam te hê, ’n helder en kalm gees, ’n ontspannende huis, en ’n vervullende gesins- en romantiese lewe.

Nét vyf tot tien minute per dag

Nét vyf tot tien minute per dag

Hierdie taak lyk dalk na ’n onmoontlike met al die eise wat deesdae aan jou gestel word. Maar dit is makliker as wat jy dink!
Ons het die aantal ure wat jy insit by die werk, saam met jou gesin, by die huis en ander daaglikse verantwoordelikhede in ag geneem …
Jy kan daar uitkom, een dag op ’n slag, vir slegs vyf tot tien minute per dag …
Luister oudio’s (en spaar ekstra tyd)

Luister oudio’s (en spaar ekstra tyd)

As jy nie baie tyd het om te lees nie, moenie bekommer nie. Selfs vir mense wat mal is oor boeke kan dit ’n uitdaging wees om kans te kry vir lees.
Dit is waarom meer as die helfte van die mederkers se raad op oudio beskikbaar is, sodat jy op enige plek en enige tyd daarna kan luister.
Dit beteken dat jy nie ekstra tyd vir die 30 dae-uitdaging nodig het nie!
Bekende persoonlikhede, lewensafrigters en kenners

Bekende persoonlikhede, lewensafrigters en kenners

Dertig medewerkers, onder wie bekende persoonlikhede soos Marciel Hopkins, Leah en Gerridene Bergh; radio- en TV-aanbieders soos Sarina Bosman en Lucia Dramat deel nuwe, kreatiewe oplossings vir ou probleme om ‘n betekenisvolle lewe te lei …
Leer ook hoe om nuttige, praktiese vaardighede te gebruik wat jou vir die res van jou lewe op die pad na sukses sal hou, by kenners soos Serahni Symington (ouerskap), Minette Visser (gesondheid), Bianca van Rensburg (fiksheid) en Amorie Pearson (voorkoms); asook lewensafrigters en motiveringsprekers soos Nathanya Chapman (eet), Janine Fourie (geloof) en Rhona Erasmus (werk).
Vriendinne wéét twee is beter as een

Vriendinne wéét twee is beter as een

Vra jou vriendin om ook in te skryf. Wanneer ons ons doelwitte deel, doen ons beter!
Kry ’n groep van twee, drie of vier vriendinne, dit kan net lekker wees om ekstra aanmoediging en aanspreeklikheid by ander vroue te kry …
Eksklusiewe Facebook-groep

Eksklusiewe Facebook-groep

Word deel van ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep!
‘n Gemeenskap van vroue, almal rondom dertig jaar oud, wat daarin belangstel om die rigting van hulle lewe te verander en ‘n meer betekenisvolle lewe te lei.
Is jy gereed? Gereed om te verander? Gereed om die gelukkigste, beste jý te wees?
Ons het só gedink. Laat ons begin!
Doen die 30 dae-uitdaging vir dertigers vanaf

1 tot 30 Augustus

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur elit.​

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

Bekende persoonlikhede, lewensafrigters en kenners

Ontmoet die span!

Marciel Hopkins

Marciel Hopkins

TV-aanbieder en motiveringspreker
Serahni Symington

Serahni Symington

Sielkundige en spelterapeut
Janine Fourie

Janine Fourie

Predikant en motiveringspreker
Rhona Erasmus

Rhona Erasmus

Sakevrou en entrepreneur

Terugvoer

Wat vorige deelnemers sê

Lees wat van die deelnemers aan 2022 se 30 dae-uitdaging vir dertigers sê …

1 tot 30 Augustus

Skryf NOU in!

Opsie 1

1 persoon
R 49 R75
  • 1 persoon
  • 30 dae persoonlike groei
  • 5-10 minute per dag
  • 30 lewensafrigters en kenners
  • Luister oudio’s
  • Facebook-groep

Opsie 2

3 vriendinne
R 119 R225
  • 3 vriendinne
  • 30 dae persoonlike groei
  • 5-10 minute per dag
  • 30 lewensafrigters en kenners
  • Luister oudio’s
  • Facebook-groep
Scroll to Top