As jy rondom dertig is en voel asof jou lewe ’n bietjie stagneer, asof jy dieselfde dinge oor en oor doen … wanneer laas het jy jouself uitgedaag?
Doen die 30 dae-uitdaging vir dertigers vanaf 1 tot 30 Augustus.
’n Doelbewuste besluit om in jouself te belê is die eerste stap om die rigting van jou lewe te verander. As jy gereed is hiervoor, sal Die gelukkigste, beste jý waarskynlik die belangrikste belegging wees wat jy nog sal maak! In dié 30 dae-uitdaging vir dertigers deel bekende persoonlikhede, radio- en TV-aanbieders, lewensafrigters en motiveringsprekers nuwe, kreatiewe oplossings vir ou probleme om ‘n betekenisvolle lewe te lei …
Hoekom 30 dae, vra jy dalk? Want 30 dae is haalbaar!
Dis nie so lank dat jy halfpad sal wil opgee nie. Dis net die regte hoeveelheid tyd om nuwe gewoontes of ’n manier van lewe uit te toets óf om slegte gewoontes te breek.
Elke dag help ons jou hoe om ’n ander area van jou lewe te verander. Jy verdien om ’n gesonde en fikse liggaam te hê, ’n helder en kalm gees, ’n ontspannende huis, en ’n vervullende gesins- en romantiese lewe.