As jy wil groei in jou verhouding met God en Sy stem wil hoor in ’n besige wêreld, skryf in vir Vroue wat Glo se 40 dae-geloofsuitdaging Hoor God se stem! Lynette Beer gebruik haar eie ervarings en dié van Bybelfigure om in 40 dae te wys hoe die Here vandag nog met Sy kinders praat.
Jy is besig! Jy het werk om te doen, kinders om groot te maak, afsprake om na te kom en ’n huweliksmaat wat liefde nodig het.
Te midde van jou besigwees voel jy tog asof iets kort …
Jou geloof is nie wat dit veronderstel is om te wees nie, jou verhouding met God is afgewater, jou gebede is oppervlakkig, en jou stiltetyd het selfs heeltemal verdwyn.
Hoe groei jy weer in jou verhouding met God? Wat doen jy om Sy stem te hoor in ’n besige wêreld?
Party mense dink God praat nooit met hulle nie, ander dink hulle hoor Hom nie omdat hulle dalk nie regtig Sy kinders is nie.
Meeste van die tyd lê die probleem egter daarin dat ons nog nie geleer het hoe om te luister nie.
Lynette Beer help jou met Hoor God se stem! wat dit beteken om God se stem te hoor in ’n besige wêreld en betekenisvolle tyd met Hom te spandeer.
LUISTER na die geloofsvrae wat wat op almal se lippe huiwer, om oor jou eie geloofspad itte dink. Die boodskap op elke oudio is sowat twee tot drie minute lank.
Kyk op ’n ander manier na ou, bekende Bybelverse én LEES Lynette se praktiese raad oor temas soos seerkry, vergifnis, verwerping, itterhead, emosies en méér …
Kry elke dag ’n gedeelte uit die Bybel wat pas by die tema, spandeer tyd saam met God deur die kernwoorde van die Bybelgedeelte (in grys) te oordink én dit te BID.
SKRYF twee of drie dinge neer wat jy ontdek het – is daar ’n opdrag om uit te voer, ’n sonde om te bely, of ’n belofte waarop jy kan aanspraak maak?
KYK op ’n Sondag na Lynette se video oor hoe om ingestel te wees om die Here se stem te kan hoor en al die maniere te kan herken waardeur Hy praat.
Elke keer wat God iemand wou voorberei, het Hy 40 dae gebruik – as jy voel jou geloof is nie wat dit veronderstel is om te wees nie, gee God 40 DAE!
Dit is wonderlik om goeie mense, ouers en werknemers te wees, maar God het ons by uitstek geskep om in ’n verhouding met Hom te staan.
Die Here sê dat Sy skape Sy stem ken (Johannes 10:27) – dít is die tipe intieme prentjie wat vir ons Jesus se verhouding met ons teken.
Ek en jy is die skape van wie Jesus hier praat. Sien jy Hy sê Sy skape luister na Sy stem?
Dit beteken ons kan Sy stem hoor, want ’n mens kan tog nie na iemand se stem luister as jy dit nie kan hoor nie!
Hy wil hê elke gelowige moet Sy stem só goed leer ken, dat Hy letterlik voor kan loop en ons begelei na die lewe en oorvloed wat Hy wil gee.
Lynette Beer
Aanbieder
40 dae-geloofsuitdaging
’n Beperkte getal Early Bird-inskrywings is beskikbaar tot 30 April!