Afslag-kaartjies NOU beskikbaar!
Konsert-kaartjie @ R139 R249 p/p
Drie of meer-kaartjie @ R99 p/p
Bring een kind en/of pensioenaris verniet saam!
’n Kerservaring in die Vaal vir die hele gesin – met Kersliedjies by kerslig, ’n Kersliggieboom, ’n Kersmark vol unieke geskenke en heerlike kosstalletjies, én ’n klassieke Kersliedere Konsert.
Wanneer jy koop, kuier of deelneem, word jy deel van ’n groter verhaal waar ’n Kersfeeservaring ’n blywende impak kan hê – kliek hier vir meer oor Oophand.
– – – – –
Kersliedjies by kerslig en
Kersliggie-boom
Vrydag 27 November • 18:00
’n Heerlike, informele buiteluggeleentheid wag op jou – bring die kinders en ’n kampstoel of kombers.
Bring vir elkeen ’n kers in ’n gesnyde koeldrankbottel, sodat dit maklik vasgehou kan word.
Laat die saamsing van Kersliedjies julle gesin met vrede en vreugde vul!
Die hoogtepunt van die aand is wanneer die Kersliggie-boom se liggies aangeskakel word.
– – – – –
Kersinkopies by die onderdak
Kersmark
Donderdag 26 (10:00) tot Sondag 29 November (18:00)
’n Onderdak kuns- en handwerkmark bied iets besonders vir ’n geliefde, jou huis of sommer net vir jouself!
Geen Kersmark is volledig sonder iets lekkers nie – geniet ook heerlike kos, koffie en iets soets by die kosstalletjies.
Kliek hier om aansoek te doen vir die kuns- en handwerkmark.
Kliek hier om aansoek te doen vir die kos- en drinkgoedstalletjies.
– – – – –
’n KersLig Diens by Kompas
Gemeente
Sondag 29 November ∙ 09:00
Vier die feestyd saam met ons terwyl ons nadink oor die betekenis van Kersfees, en saam troos en hoop vind te midde van die hartseer en uitdagings wat ons deur die jaar ervaar het.
– – – – –
’n Klassieke Kersliedere
Konsert
Sondag 29 November • 15:00

CHRIS ELSE

NADINÉ

JAKKIE LOUW

LIESEL KRAUSE-WIID
Voelgoed Media se Kersliedere Konsert – ’n besondere vertoning van musiek, geloof en sagte kerslig.
Geniet tradisionele Kersliedere en geliefde gunstelinge, uitgevoer deur van ons mees geliefde kunstenaars, waaronder Chris Else, Nadiné en Jakkie Louw.
Liesel Krause-Wiid, skrywer en predikant, deel sielvolle Bybellesings en aangrypende verhale.
Onder leiding van pianis en musiekregisseur Johan Kelber is dit ’n ervaring wat jou hart raak en lank by jou bly!
– – – – –
In samewerking met radiovennoot IFM 102.2 FM – die Vaaldriehoek se voorkeurkeuse, kliek op ifmradio.co.za
Kersliedjies – Vrydag 27 November ● 18:00
Kersmark – Donderdag 26 (10:00) tot Sondag 29 November (18:00)
KersLig Diens – Sondag 29 November ● 09:00
Kersliedere Konsert – Sondag 29 November ● 15:00
Koste
Telefoon (Navrae oor event)
E-pos (Navrae oor event)
Afslag-kaartjies NOU beskikbaar!
Koop NOU jou kaartjies, betaal LATER – kies die Payflex-opsie by die betaalpunt.
KERSLIEDERE KONSERT
Konsert-kaartjie @ R139 R249 p/p
Drie of meer-kaartjie @ R99 p/p
Bring een kind en/of pensioenaris verniet saam!
Voelgoed-vriendin [VIP] @ R124 *Afslag word outomaties by die betaalpunt toegepas