Voelgoed Media se #EkwilEkkanEksal-konferensie is jóú kans om ʼn betekenisvolle lewe te skep waaroor jy mal is!
Berei jou voor om in één oggend gemotiveer te word deur wêreldklassprekers en treffende inhoud.
Boonop staan jy ’n kans om oor glas te loop en kan jy saamskryf aan die #EkwilEkanEksal e-boek as deel van ’n wêreldrekordpoging!
PRETORIA Verhoudingskenner Lynette Beer, vuur- en glasloper Cobus Visser, besigheidsafrigter dr. Marcel Hattingh én die akteur en skrywer Reynardt Hugo.
BELLVILLE Besigheidsafrigter Johan Beukes, vuur- en glasloper Cobus Visser, motiveringspreker Lucia Dramat én die TV-aanbieder en motiveringspreker Marciel Hopkins.
#EkwilEkkanEksal is méér as net ’n motiveringskonferensie, dit is jóú kragtige wegspringblok om te sê:
ek wil,
ek kan,
ek sal!
Cobus Visser inspireer en motiveer mense om nooit op te gee nie, kom kyk ook hoe hy mense oor glas laat loop.
Skryf tydens die konferensie saam met die sprekers en ander konferensiegangers aan die #EkwilEkkanEksal e-boek as deel van ’n Guinness-wêreldrekordpoging (Pretoria)!
Niks verander nie! Waarom?
Probeer jy gedurig om die situasies, verhoudings en uitkomste in jou lewe te beheer en te manipuleer, en dink dat as dit verander het soos jy dit wil hê, sal dinge beter wees? Dit werk eintlik andersom.
Miskien is jou aandag meer daarop gefokus om die mense en omstandighede rondom jou te probeer regmaak en verander, in plaas daarvan om te fokus op die enigste ding wat jy werklik kan verander – jy!
Dit beteken nie dat jy ophou omgee oor wat ander mense doen of sê nie. Of dat jy ophou werk aan spesifieke doelwitte wat verband hou met belangrike aspekte van jou lewe soos jou gesin, gesondheid, werk en finansies nie.
Deur egter jou begeerte om almal en alles rondom jou reg te maak en te verander, gee jy jouself die ruimte om eerder te fokus op die ware bron van jou eie geluk, sukses en vervulling – jouself!
Onthou, niks verander totdat jy verander nie!

Sessie 1 – Jy is spesiaal net soos jy is!
Jy het die reg om gelukkig te wees, voluit te leef,
en jou ware self sonder vrees te omarm!
Sessie 2 – Neem verantwoordelikheid vir jóú lewe
As jy ontevrede is met jou lewe of sukses, moet jy nie jou
ouers, die samelewing of iets anders blameer nie.
Sessie 3 – Hoe kweek jy ’n groei-ingesteldheid?
’n Groei-ingesteldheid bevorder veerkragtigheid en optimaliseer
jou potensiaal vir persoonlike en professionele groei.
Sessie 4 – Só vervang jy slegte gewoontes met goeies
Jy kan klein begin en deur konsekwent te wees, sal jy
mettertyd groot veranderings in jou lewe teweegbring.
Teken dié datums aan!
Lewende Woord Brummeria, Pretoria
07:00 vir 08:00-13:00
NG Kerk Vredelust, Bellville
07:00 vir 08:00-13:00
Wêreldklassprekers om na uit te sien!
LYNETTE BEER se sprankelende persoonlikheid maak van haar ’n uitmuntende motiveringspreker. Bekend vir haar internasionaal erkende Vierkleurtemperamentmodel, inspireer sy luisteraars deur haar jare lange ervaring, insiggewende metodologie, en topverkoperboeke. Met meer as 25 jaar se kundigheid en gereelde optredes op radio en TV, bied Lynette dinamiese en onvergeetlike sessies aan.
Verhoudingskenner en lewensafrigter
REYNHARDT HUGO, bekend as dr. Tertius Jonker in Binnelanders, is ’n akteur, filmvervaardiger en voormalige lid van die gewilde popgroep ADAM. Nadat hy jare se stryd met angs, depressie en ander uitdagings oorwin het, inspireer hy ander met sy verhaal van genesing, geloof en hoop.
Akteur en
skrywer
COBUS “DIE VIKING” VISSER is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, lewensafrigter en Meestervuurloop-instrukteur wat veerkragtigheid beliggaam. Ongeag hemofilie en chroniese pyn het hy Kilimandjaro geklim en inspireer hy ander om sonder perke te leef. As motiveringspreker en afrigter bemagtig Cobus individue en spanne om buitengewone sukses te behaal.
Vuur- en glasloper en motiveringspreker
DR. MARCEL HATTINGH, medestigter en besturende vennoot van CCI Professional. Spesialiseer in mensekapitaalstrategieë. Hy was medestigter van The Foundery, dien as uitvoerende direkteur van Arbor Capital. Marcel het ’n doktorsgraad in organisatoriese leierskap, met kundigheid in leierskap, organisatoriese ontwerp en M & A-mensekapitaalintegrasie. Gevestig in Pretoria, werk hy om leiers wêreldwyd te bemagtig.
Besigheidskonsultant en leierskapafrigter
LUCIA DRAMAT is ʼn motiveringspreker, skrywer, afrigter en radio-aanbieder wat passievol daaroor is om ander te bemagtig. Met meer as ʼn dekade se ervaring in media en motivering, inspireer sy individue om uitdagings te oorkom, balans te vind en impakvolle, vervullende lewens te lei deur haar werkswinkels, podsendings en afrigtingsessies.
Lewensafrigter en motiveringspreker
MARCIEL HOPKINS is ʼn Suid-Afrikaanse TV-aanbieder, internasionale model, aktrise, lewensafrigter en motiveringspreker. Met ʼn agtergrond in sielkunde en drama, inspireer sy vroue wêreldwyd deur haar reis van selfliefde en liggaamsaanvaarding. Marciel kombineer haar passie vir afrigting, aanbieding en toneelspel om ander met egtheid en vreugde te bemagtig.
TV-persoonlikheid en motiveringspreker
COBUS “DIE VIKING” VISSER is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, lewensafrigter en Meestervuurloop-instrukteur wat veerkragtigheid beliggaam. Ongeag hemofilie en chroniese pyn het hy Kilimandjaro geklim en inspireer hy ander om sonder perke te leef. As motiveringspreker en afrigter bemagtig Cobus individue en spanne om buitengewone sukses te behaal.
Vuur- en glasloper en motiveringspreker
DR. JOHAN BEUKES is ʼn leierskap- en besigheidsafrigter wat leiers en spanne afrig om te floreer te midde van verandering en diversiteit. Hy is die redakteur van die mansbediening MansGenoeg!, en maak ’n groot verskil as ’n plaaslike en internasionale motiveringspreker.
Lewens- en leierskapsafrigter
As jy nie die funksie in persoon kan bywoon nie, kan jy toegang
kry tot die video- en oudio-opnames om op jou eie tyd te kyk of te luister.
Jy móét net nou registreer!
Koop jou kaartjie vir die #EkwilEkkanEksal-konferensie
Early Bird-kaartjies vanaf R99 – geldig tot 31 Januarie!
Dankie aan ons borge en vennote!
As jy deel is van die Voelgoed-vriendinneklub, vul jou lidmaatskapnommer in om jou kaartjies te koop.
As jy nog nie deel is van die vriendinneklub nie, kliek op Sluit aan!