Die somer is om die draai en as jy nog sukkel om van daardie ekstra wintervetjies ontslae te raak, het ons vir jou goeie nuus!
‘n Gesondheid, fiksheid, skoonheid en welstand ervaring soos geen ander nie
Oefenklasse word gelei deur kundige fiksheidsafrigters
Vraag-en-antwoord-werkswinkel waar jy die vrae mag vra
Dieetkundiges, fiksheidskenner, skoonheidskenner, voorkomskonsultant en lewensafrigter
Voelgoed Media se #NuweJyLIVE is ‘n gesondheid, fiksheid, skoonheid en welstand ervaring soos geen ander nie!
Sluit by ons aan vir ‘n onvergeetlike een-dag-byeenkoms waar jy geïnspireer, gemotiveerd en bederf sal word om gesond te eet, mooi te lyk, fiks te word én gelukkig te wees!
Die oefenklas word gelei deur ’n kundige fiksheidsafrigter en is ontwerp om aanpasbaar te wees vir alle fiksheidsvlakke. Of jy ‘n gesoute atleet of beginner is, jy sal jou perfekte pas vind.
Leer by ’n dieetkundige, fiksheidskenner, skoonheidskenner, voorkomskonsultant en lewensafrigter en kry praktiese wenke vir jou beste lewe nog, van binne én buite.
Bederf jouself met een van Splinternuwe Jy se heilsame en heerlike gesondheidsprodukte – ’n dieetskommel, proteïen hawer-happie, vetverbrandende koffie óf kitsnagereg in ’n koppie.
‘n Vraag-en-antwoord-werkswinkel waar JY die vrae mag vra oor kitsdiëte, ooreet, voeding, koskeuse, eetplanne en méér, met die sprekers sáám op een verhoog.
Inspirerende stories van ons Nuwe jy-finaliste, wat deur middel van die Slender Wonder-eetplan gewig
afgeskud en gesonde eetgewoontes aangeleer het, sal jou besiel!