Soveel vroue skrik op 'n dag wakker en wonder: “Hoe het ek tot hier gekom?” Oorgewig, ongesond en ongelukkig met die prentjie in die spieël. Tog vermoed jy dat daar 'n beter vrou, ma of lewensmaat hier binne skuil as jy maar net jou kop, hart en lyf op die regte koers kan kry. Ons Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram is juis met hierdie doel ontwikkel. Dié program fokus op holistiese gesondheid, gewigsverlies, persoonlike groei en selfvertroue!
Aan die begin van die jaar skryf vroue hulle in om aan die 60-dae-uitdaging deel te neem. Elke deelnemer kry 'n eetplan, oefenprogram, dieetwenke, motiveringsvideo's én meer! Almal wat goeie vordering gemaak het op die 60 dae-uitdaging, kan hulle dan inskryf vir die Nuwe Jy-program. Twintig vroue word genooi na 'n aanlyn onderhoud en tien word gekies om intensief aan die werk te spring. Uiteindelik word 'n finale top-6 vroue aangewys.
Ons borge is gereed om elke finalis in 'n nuwe mens te omskep. CSN se eetplan help met gewigsverlies, terwyl Annique Rooibos se velsorgprodukte vir 'n gesonde gloed sorg. Ons finaliste glimlag breed ná besoeke aan I Love My Smile. Sielkundige Catherine van Heerden ondersteun hulle geestelik tydens 'n groepsessie by Tshikwalo Game Lodge. Leer ons finaliste beter ken en stem vir jou gunsteling voor 8 September 2025 om jou eie mini-make-over te wen!
In die laaste jaar van haar 50’s wil Petro aan haarself en ander bewys dat jy nooit te oud is om vir jouself op te daag nie. Sy werk as administrateur en die stres van haar beroep was lank ’n struikelblok. Maar met musiek as haar toevlug en ‘n nuwe doelwit voor oë, is sy gereed vir haar transformasie tydensd die Nuwe Jy-program.
Sy werk in die finansiele afdeling van ‘n firma as rekening spesialis, maar vir Mia is die belangrikste rekening om te betaal dit wat sy haarself skuld na jare wat sy haarself afgeskeep het. Sy wil weer voluit lééf – gesond, mooi en gelukkig.
As apteker, het Karen baie uitdagings by die werk, maar dit is niks in vergelyking met die fibromialgie en rumatoïede artritis waarmee sy moet saamleef nie. Tog beur sy elke dag vorentoe en bly sy positief.
As ’n juffrou vir kinders met spesiale behoeftes, het Sonja baie liefde om te deel, maar min daarvan is selfliefde. Sy het nog altyd te min tyd vir haarself gemaak.
Na ’n heupoperasie in 2024, het sy egter besluit dit is tyd om ook vir háár lewe plek te maak.
As’n siviele ingenieur en introvert is dit nie vir haar maklik om deel te neem aan ‘n program waar jy jou hart en siel moet deel nie. Maar sy het besluit dat dit tyd is vir ‘n positiewe verandering in haar lewe en sy wil haarself uitdaag om die beste weergawe van haarself te wees – ongeag wat dit van haar vra.
Sy staan elke dag voor ‘n klas as lektor om haar studente te help om hul drome na te jaag. En nou is dit tyd dat sy haar eie drome waar maak. Christine kies ‘n gesonde leefstyl nie net vir haarself nie, maar vir die gesin wat sy droom om eendag te hê.
As ma van drie, ouma van een en franchise bestuurder, dra Ena baie hoede, maar sy het besluit haar gesondheid is nou topprioriteit. Ná jare van emosionele eet, het sy ’n nuwe verhouding met kos begin bou. Een van die goeie gewoontes wat sy reeds gevestig het is om drie maal per week pilates te doen.
Met ‘n veeleisende beroep as skooldirekteur én lektor in Rekeninigkunde by NWU, is ‘n oorvol program en stres ‘n faktor om mee rekening te hou. Maar Heleen het besluit dat dit nie langer ‘n verskoning is vir die gewig wat sy jaar na jaar optel nie. Veral omrede dit haar selfbeeld ook nadelig beïnvloed. Intussen doen sy ‘diamond dotting’ en tuinwerk om haar stresvlakke onder beheer te hou.
Hierdie finansiële beampte, moes haar wortels optrek en van Naboomspruit na Pretoria verhuis vroeg die jaar, waar sy ‘n pos by ‘n skool vir leergestremdes aanvaar het. Hoewel die skuif haar lewe ontwrig het, het sy voet by stuk gehou – 2025 is haar jaar! En wanneer sy haar gesondheidsdoelwitte bereik het, wil sy ander inspireer met haar storie.
Rekenaarstelsels is hierdie ma se kos, maar die feit dat sy van die huis af werk, hou groot uitdagings in, ondermeer dat sy hopeloos te veel peusel – veral wanneer die werksdruk hoog loop. Met haar veertigste verjaardag voor die deur en ‘n ma wat aan diabetes ly.