Maak reg vir Voelgoed Media en Christo Strydom Nutrition (CSN) se NUWE JY-fees – ‘n gesondheid, fiksheid, skoonheid en welstand ervaring soos geen ander nie!
Jy kan uitsien na ʼn 5 km pretloop, werkswinkels deur dokters, kenners en motiveringsprekers, gesondheid-, skoonheid-, en fiksheidstalletjies, asook gratis gesondheidstoetse én meer.
Serengeti Gholfklub, Kemptonpark
6:30 – 13:00
Werkswinkels om na uit te sien!
Topklas sprekers wie werkswinkels aanbied, is die motiveringspreker en skrywer Gretha Wiid, aktrise en slaapkonsultant Marijke Coetser, die televisieprogram Dr Nou se estetiese dokter, Dr Riekie Smit, sielkundige Dr Catherine van Heerden, en dieetkundige Maryke Bronkhorst.
Stalletjies, oefensessies en proe-sessie
Loer in by top handelsname se gesondheid-, skoonheid- en fiksheidstalletjies, en kom aan die beweeg met pilatus- of springmat klasse. Jy kan ook ʼn gratis proe-sessie bywoon van Splinternuwe jy se vetverbrandende koffie en proteïen dieetskommels.
Lente-pretloop
ʼn Halfuur na sonsopkoms klap die skoot vir ons 5 kilometer pretloop op die lieflike Serengeti gholfbaan. Kom in jou kleurvolste blomme-uitrusting om saam met die vrolike span van Helpende Hand te sweet vir ’n goeie doel.
Daar is iets besonders aan ʼn vrou wat besluit sy gaan nie langer net oorleef nie, maar wéér 100% leef
Ja, die winter het dalk jou siel gekwes of jou vel verniel, maar dit hoef nie so te bly nie. Jy hoef nie soos ʼn verlepte lelie te lyk of te voel nie Dis tyd om weer te blom! Om jou denke te verfris en nuwe energie in jou lewe in te blaas.
By die NUWE JY-fees vier ons vroue wat elke dag kies om beter te voel, goed te lyk en met oorgawe te leef.
Tussen die blomme en uitspattige helder kleure sal jy weer onthou hoe dit voel om met die uitbundigheid van ʼn kind te leef, om jou drome af te stof en jouself ʼn prioriteit te maak.
Hierdie is jou dag – ʼn dag om asem te skep en vir jouself te sê: “Ek is gereed om op te daag vir my eie gesondheid en geluk.”
Kom sê ja vir ʼn nuwe seisoen. Kom laat dit blom! – saam met ander vroue wat, nes jy, gereed is vir meer.
ʼn NUWE JY wag op jou!
Die NUWE JY-Fees word aangebied op die 20ste September by die pragtige Serengeti Gholfklub, Kemptonpark
Hormonale fluktuasies, PMS en menopouse ontwrig vroue se slaappatrone, terwyl nuwe ma’s ongeveer 700 ure slaap in hul baba se eerste jaar verloor. Te min slaap kan jou gesondheid, gemoed en energie negatief beïnvloed. Kry geteikende oplossings as jy sukkel om te slaap.
Marijke Coetser, motiveringspreker en slaapkonsultant
Wat kon jy al bereik of gedoen het as jy nie so in jouself getwyfel het nie? Moenie verder luister na die leuens wat jou drome kos nie. Omhels wie God jou gemaak het. Wanneer jy glo jy is waardig, verander alles..
Gretha Wiid, motiveringspreker
Ontdek die nuutste deurbrake in estetiese skoonheidsbehandelings saam met Dr. Riekie Smit. Van gevorderde tegnieke in velverjonging tot anti-verouderingsbehandelings wat uiters bekostigbaar geword het vir vroue! Nou kan almal fantasties lyk en voel.
Dr Riekie Smit, estetiese spesialis
Wil jy graag blywende sukses behaal? Terwyl dissipline nodig is om elke dag die werk te doen, is brandstof nodig om daardie dissipline te voed. Jou dieper “hoekom” – die onderliggende doel wat jou aksies dryf – gee dissipline betekenis en rigting. Sonder ʼn duidelike “hoekom” brand selfs die sterkste dissipline uiteindelik uit, wat jou laat met aksie sonder ware vervulling…
Catherine van Heerden, sielkundige en lewensafrigter
Daar is soveel diëte, pille en inspuitings beskikbaar … en alles beloof ʼn slanker en gesonder jy. Maar wat is die gevare wat hierdie wondermiddels inhou en wat werk werklik vir regte vroue op die langduur?
Maryke Bronkhorst, Dieetkundige
Die NUWE JY-program verander vroue van binne en buite. Dis ʼn lewensveranderende ervaring, maar elke deelnemer se storie is uniek. Kom deel in die viering van hul sukses en laat gewone vroue wat die buitengewone vermag het jou inspireer op jou reis na ʼn NUWE JY!
Venessa Schoeman
SATERDAG 20 September ● Serengeti Gholfklub, Kempton Park

Motiveringspreker en slaapkonsultant

Motiveringspreker

Estetiese spesialis

Sielkundige en lewensafrigter

As jy nie die funksie in persoon kan bywoon nie, kan jy toegang kry tot die video- en oudio-opnames om op jou eie tyd te kyk of te luister.
[Beskikbaar 27 September 2025]
Early Bird-kaartjies is beskikbaar vir die NUWE JY-fees in Kemptonpark (20 September)
CSN – ʼn klinies bewese gewigsverliesprogram wat vinnig resultate lewer, kliek csnutritional.com
Willa Krause – resultaatgedrewe velsorg met aktiewe bestanddele wat geforumleer is vir Suid-Afrika se klimaat; kliek willakrauseskincare.co.za
Saterdag 20 September
06:30 tot 13:00
Serengeti Gholfklub, Kemptonpark
7Sondag 10 Augustus
14:00 tot 18:00
Kompas Gemeente, Mantevrede
Kliek vir ons Privaatheidsbeleid en gebruiksvoorwaardes