Wanneer jy as vrou God régtig vertrou

Régte vroue. Régte geloof.

’n Vroue-oggend gevul met Bybelse lering, bemoedigende stories, en kragtige getuienisse van geloof in moeilike tye.

Régte vroue. Régte geloof.
Dae
Ure
Minute
Sekondes

Sprekers

Karien Basson, Benescke Janse van Rensburg en ander topklassprekers

Lofprysing en aanbidding

Rouchelle Liedemann as die gaskunstenaar

Gasvrou

Almarie du Preez is die gasvrou

Régte vroue. Régte geloof.

Elke dag is propvol eise en verwagtings, soms meer as wat jy voel jy kan hanteer. Jy smag na ’n spesiale tyd met God en om in Sy teenwoordigheid verander te word …

Voelgoed Media se Vroue wat glo-bediening kom Kaapstad toe vir Régte vroue. Régte geloof, ’n vroue-oggend, gevul met Bybelse lering, bemoedigende stories, en kragtige getuienisse van geloof in moeilike tye.

Ons drie sprekers, gasvrou en gaskunstenaar se lewens is vir altyd verander deur ’n ontmoeting met God. Kom luister hoe Lindie Strydom, Karien Basson, Benescke Janse van Rensburg, Almarie du Preez en Rouchelle Liedemann God vertrou het terwyl hulle gesukkel het om hulle geloof te behou.

Régte vroue. Régte geloof.

Wanneer jy as vrou God régtig vertrou

Sluit jou by ander vroue aan wat saam met jou uitreik na die God, wat julle almal liefhet. In hierdie kring maak dit nie saak wie jy is, waar jy was, of wat jy gedoen het nie. Hier sal jy liefde en hoop in ’n genade-gevulde omgewing ervaar.

Jy is welkom om saam uit die Skrif te leer, jou hart te kom uitsing of sommer net in stilte voor Hom te sit en beleef wat gebeur wanneer jy as vrou God régtig vertrou!

Aan die einde sal julle mekaar soos vriendinne ná ’n hartsgesprek kan groet: “Ek sien jou, my suster! Ek ken jou pyn en uitdagings. Ek was al daar. Ek verstaan. Daar is hoop!”
Régte vroue. Régte geloof.
Régte vroue. Régte geloof.

Program

Sprekers en temas om na uit te sien!

Sessie 1

9:10 - 10:00

Sien jou uitdagings vanuit ’n ewigheidsperspektief

Karien deel haar verhaal van lyding, herstel en triomf deur geloof en met God se genade. Haar storie moedig vroue aan om ’n ewigheidsbril op te sit wanneer hulle na hulle eie uitdagings kyk. Met hierdie perspektief kan enigiemand genade en hoop in alle omstandighede uitleef.

Sprekers en temas om na uit te sien_Karien Basson

Karien Basson

Redakteur Vroue Wat Glo

Sessie 2

10:15 - 11:05

Kyk vandag se teëspoed vierkant in die oë

God roep jou om sy aan sy saam met Hom te stap. Wanneer jy Hom werklik vertrou, sal jy soos die Spreukevrou lag oor die dag van môre. Jy sal vandag se teëspoed vierkant in die oë kan kyk en weet dat die Vader ’n oorvloedige, glorieryke môre vir jou beplan.

Benescke Janse van Rensburg

Benescke Janse van Rensburg

Radio-aanbieder

Sessie 3

11:40 - 12:30

Hoe gemaak wanneer jou geloof getoets word?

Ná ’n terugslag is dit soms moeilik om weer vertroue te hê. Ja, God sê Hy het ons lief, maar beantwoord nie altyd ons gebede soos ons dink Hy moet nie. Kom leer hoe om weer jou voete te vind wanneer jou geloof geskud word.

Renata van der Merwe

Renata van der Merwe

Skrywer en Direkteur van Kruispad

Gaskunstenaar Rouchelle Liedemann is sangeres, TV- en radio-aanbieder, en ma van drie. Haar pragtige stem roer mense se hart. Rouchelle deel hoop uit so ver sy gaan.

Rouchelle Liedemann

is sangeres, TV- en radio-aanbieder, en ma van drie.

In-persoon, NG kerk Vredelust, Bellville

Saterdag 19 Augustus

Koop jou kaartjie!

Silwer kaartjie

per persoon
R 129 R175
  • NG kerk Vredelust, Bellville

Goue kaartjie

per persoon
R 169 R250
  • NG kerk Vredelust, Bellville
  • Video-opname ingesluit

Video- en oudio-opnames

As jy nie die geselligheid kan bywoon nie,
kry die video- of oudio-opnames.

Oudio-opnames

van die sprekers
R 74 R100
  • 4 sprekers
  • 45 minute per spreker
  • Luister op jou eie tyd

Video-opnames

van die sprekers
R 99 R150
  • 4 sprekers
  • 45 minute per spreker
  • Kyk op jou eie tyd

Régte vroue. Régte geloof. word geborg deur

Biomedical Emporium

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!