Vervang 1 tot 2 maaltye per dag met ’n veselryke, lae vet- en suikerinhoud, kollageen verrykte, vitamien- en mineraalryke PROTEÏEN DIEETSKOMMEL.
100% kollageen verrykte maaltydvervanger
Dié proteïen dieetskommel bevat ’n kombinasie van melkproteïen, kalsiumkaseïen, 100% suiwer gehidroliseerde kollageen, noodsaaklike aminosure, glutamien, pre- en probiotika, garcinia cambogia, bygevoegde vesel en vitamiene (A tot Z) en minerale.
Dit het ’n lae vetinhoud en bevat geen bygevoegde suiker nie.
Vervang 1 tot 2 maaltye per dag met die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel.
Aangesien hierdie proteïen dieetskommel minder kalorieë bevat as ’n gewone maaltyd of wegneemete, kan dit goeie resultate oplewer.
’n Eetplan wat kalorie-inname verminder, sal jou help om, ongeag of die kalorieë uit vaste kos of vloeibare kos kom, gewig af te skud.
Met verhoogde proteïen-inname help jy jou liggaam om spiermassa in stand te hou en kan dit selfs spiertonus verbeter as jy gereeld oefening. ’n Liggaam met meer spiere verbrand meer kalorieë as ’n liggaam met meer vet.
Beskikbaar in 3 heerlike geure: dubbel sjokolade, mokka en vanilla.