EARLY BIRD-KAARTJIES NOU GESLUIT!
Toegang – R49 (volwassenes 13+) en R29 (kinders 4+)
Toegang + pretstap – R79 (volwassenes 13+) en R49 (kinders 4+)
Span van 5 of meer – R69 per persoon (vriendinne, skole, kerke en besighede)
– – – – –
ONS GEE OM vir GESINNE, GESONDHEID en GEMEENSKAP
Trek julle helderste en kleurvolste klere aan en draf of stap 5 kilometer saam.
Dit is nie net GESOND nie, maar ook ’n geleentheid vir GESINNE om kwaliteit-tyd saam deur te bring!
Saam met Helpende Hand Vanderbijlpark kan ons ook ’n verskil in die GEMEENSKAP maak.
– – – – –
PRETSTAP-AMBASSADEURS en TEMA
Ons pretstap-ambassadeurs is die akteurspaar Werner en Marijke Coetser en vanjaar se tema is #KleurVol – om die kleurvolheid van die lewe te vier.
Trek julle helderste en kleurvolste klere aan – daar is groot AANTREKTEMA-pryse om te wen!
UITDAGING vir VRIENDINNE, SKOLE, KERKE en BESIGHEDE!
Skryf in as ’n span en wys ook julle kleurvolheid, kreatiwiteit en spangees – spesiale pryse wag om gewen te word!
MUSIEK, STALLETJIES, KOS en KINDERVERMAAK
Bring sommer die hele familie, nie almal hoef aan die pretstap deel te neem nie.
Daar sal musiek, stalletjies, kos én kindervermaak wees om die hele dag lank te geniet.
Om ’n stalletjie te bespreek, kontak Gerdalize Bukes by 076 487 1319.
#KLEURVOL ten bate van HELPENDE HAND VANDERBIJLPARK
’n Deel van die pretstap-kaartjies, asook alle geld wat ingesamel word met die stalletjies, word geskenk aan Helpende Hand Vanderbijlpark!
– – – – –
PROGRAM
08:00 – Registrasie
09:00 – Stalletjies, kos en vermaak
09:00 – Musiek
09:30 – Energieke opwarmsessie: Werner en Marijke Coetser
10:00 – Draf-wegspring
10:15 – Stap-wegspring
10:30 – Musiek
11:00 – Dansskool-kompetisie
11:30 – Geesspan-kompetisie (Cheerleading)
12:00 – Prys- en medalje-oorhandiging
13:00 – Musiek: Reborne
15:00 – Sluit
*NEEM KENNIS – bring asseblief eie kampstoele!
– – – – –
DANKIE AAN ONS BORGE!
Hoofborg ● GARY MANN ESTATES – vir residensiële en kommersiële verkope en huur, kliek op facebook.com/garymannestates

Waterborg ● MANZI WATER Vanderbijlpark – lewegewende water in elke druppel, kliek op manzi.co.za
Bronsborg ● AVBOB VAAL – die grootste onderlinge hulpfonds in Afrika, kliek op avbob.co.za
Mediaborg ● 90.6FM (VCR) – ’n radiostasie waar jy tuis voel, kliek op 906fmstereo.com
Datum
1 Augustus
Tyd
09:00 am
Koste
Organiseerder
Telefoon (Navrae oor event)
E-pos (Navrae oor event)
KAARTJIE-OPSIES