GRATIS WEBINAAR!

Hoe om ‘n swak selfbeeld af te skud
(Jy is goed genoeg!)

Partykeer sê ons die vreeslikste goed vir onsself – negatiewe, afbrekende goed wat jy nie eers vir jou grootste vyand sal sê nie. Maar ons sê dit vir onsself.
Wie jy is en hoe jy oor jouself praat moet reflekteer wat God van jou sê en hoe Hy na jou kyk!
Dae
Ure
Minute
Sekondes

GRATIS WEBINAAR!

Kyk aanlyn op jou selfoon, jou rekenaar of ander slimtoestel.

Woensdag 21 Februarie

Kyk Liesel Krause-Wiid se GRATIS 30 minute-webinaar, Woensdag 21 Februarie om 20:00.

MÉÉR OOR DIE WEBINAAR

Hoe om ‘n swak selfbeeld af te skud
(Jy is goed genoeg!)

“Wat sê jy oor jouself? Maak seker jou siening van jouself getuig dat jy ’n Koningskind is. Selfvertroue is eintlik Godsvertroue,” sê Liesel Krause-Wiid, aanbieder van ‘n video- en ‘n oudio-kursus Kry selfvertroue en glo in jouself!

Selfvertroue begin by gevoel … joune begin by God

Wat sê God oor jou? Jy is Sy kind, jy is na Sy beeld geskep, jy is Sy verteenwoordiger hier op aarde.

Weet jy dat breinkenners reken dat ons binne drie sekondes iets negatiefs, byvoorbeeld ’n groot mislukking, of iets afbrekend oor onsself kan bedink?

Maar wanneer ons iets positiefs en opbouend, of iets suksesvol wil herroep, vat dit ons brein 60 na 90 sekondes. Dit vat soveel langer en ons brein moet soveel harder werk om iets positiefs oor onsself te bedink.

Jou selfbeeld, jou selfvertroue en hoe jy na jouself kyk, is belangrik, want dit is hoe jy jouself aan die wêreld projekteer. Jy projekteer jouself op twee maniere: Of jy het ’n ek-is-jammer-ek-leef houding of jy is ’n Koningskind.

Wie jy is, is eintlik God se beeld van jou

Toe jy klein was, het jy dalk gehoor hoe mense goed oor jou sê – of jou ouers of onderwysers of ’n maatjie. Dalk het jou ouers nooit vir jou erkenning gegee nie en dit het jou selfbeeld laat verkrummel.

Maar dit moenie vir ons oor mense se woorde gaan nie. Dit moet gaan oor wat God se Woord sê. God se Woorde oor ons.

Miskien as jy in ’n volmaakte gesin grootgeword het, sou jy geen probleem met jou selfbeeld gehad het nie. Jou selfbeeld sou geen houe gekry het nie.

Weet jy wat? Die volmaakte gesin bestaan nie. As jy dink jou selfbeeld word in die volmaakte gesin gevorm, het ek nuus. Daar bestaan nie so iets nie.

Nee, jou selfbeeld moet jy by God kry. God se beeld oor jou, wat Hy sien wanneer Hy na jou kyk. Psalm 139 stel dit mooi: Hy het jou met groot sorg wonderbaarlik geskep.

Aanvaar jouself deur die krag van vergifnis

Dis menslik om jou foute en mislukkings voortdurend te onthou. Om die vrede met wat agter jou is te maak, moet jy leer vergewe. Vir gesonde selfvertroue moet jy dit doen!

Vir baie mense is vergifnis iets waarmee hulle aanhou sukkel – hulle kan hulself net nie vergewe nie. As gevolg van die sonde en foute in hulle verlede, kan hul nie Godsvergifnis hul eie maak nie.

Die Woord stel dit duidelik: God sê Hy vergewe jou en Hy dink nie weer daaraan nie. Hy verwyder jou sonde so ver as wat die ooste van die weste af is.

Jy kan dus weer met vrymoedigheid en passie leef, jy kan weer selfvertroue kry, want wanneer God na jy kyk, kyk Hy na jou deur die kruis.

Jy is hier vir ’n rede: leef jou roeping

Daar is ’n rede waarom jy hier is. Ontdek dit deur te bid en op te hou om jouself met ander te vergelyk. Wanneer jy jou talente uitleef en verskil maak, sal jou selfvertroue groei

Is dit nie wonderlik dat God ons elkeen so uniek geskep het nie? Waarom wil jy ’n tweedehandse weergawe van iemand anders wees?

God het jou dan wonderlik en uniek aanmekaar geweef. Hy het jou ook op ’n sekere plek gesit. Hy het jou deel van ’n spesifieke familie gemaak, jy bly in ’n spesifieke dorp of stad. Hy doen dit want Hy wil hê jy moet daar waar jy is ’n verskil vir Hom maak.

Die oomblik wanneer ’n mens jou talente en gawes begin uitleef, gee dit jou energie. Dit help jou om voluit te leef en die lewe regtig te geniet.

AANBIEDER

Liesel Krause-Wiid

“Wat sê jy oor jouself? Maak seker jou siening van jouself getuig dat jy ’n Koningskind is. Selfvertroue is eintlik Godsvertroue,” sê Liesel Krause-Wiid, aanbieder van ‘n video- en ‘n oudio-kursus Kry selfvertroue en glo in jouself!

Liesel Krause-Wiid

KYK GRATIS MAAR JY MÓÉT REGISTREER

REGISTREER VIR WEBINAAR

Woensdag 21 Februarie

GRATIS
  • Kyk Liesel Krause-Wiid se GRATIS 30 minute-webinaar

VIDEO-KURSUS

R 109 R149
  • 2 uur | 4 sessies (van 30 minute elk)

OUDIO-KURSUS

R 74 R99
  • 2 uur | 4 sessies (van 30 minute elk)
Scroll to Top