Staan jy voor jou oorvol klerekas, maar kry niks om te dra nie? Moenie langer wag nie, skep die klerekas wat jóú styl en sak pas! Met ’n kennersoog en kennersraad kan jy leer om wie JY is na vore te bring, én jou selfvertroue en unieke aantrekstyl te beklemtoon.
Kyk aanlyn op jou selfoon, jou rekenaar of ander slimtoestel.
Kyk Sunet Vermaak se GRATIS 45 minute-webinaar, Woensdag 31 Julie om 20:00.
Moenie sleg voel as jy soos die meeste vroue nie ’n gebore stylkenner is nie. Die goeie nuus is dat jy wel kan leer om fantasties te lyk!
Vroue verskil – elkeen het ʼn ander styl, lyfvorm en bykomstighede waarvan hulle hou om aan te trek. Niks kan egter jóú persoonlikheid en jou lyf vlei soos die regte uitrusting, kleur en bykomstighede nie!
Dit is wat jy gaan leer!
1.
Ontdek jou stylpersoonlikheid wat die beste jy na vore bring
2.
Analiseer vinnig en maklik watter kleure jou die mooiste pas
3.
Word lief vir jou lyfvorm en kies die vleiendste snitte vir jou
4.
Die moets en moenies oor wat by jou gesigvorm en hare pas
5.
Hoe om met die regte kledingstukke verskeie uitrustings te kombineer
6.
Sprankel met die regte bykomstighede en maak aantrek pret
PLUS!
Die webinaar eindig met 'n geleentheid waar JY die vrae vra waaroor almal wonder ...
Sunet Vermaak is ’n voorkoms-konsultant en stylafrigter wat op die stel van die bekende TV-program Glam Guru bekendheid verwerf het – sy het reeds 200 vroue op 156 episodes in 12 seisoene gestileer.
As stigter en eienaar van The Style School, help Sunet alledaagse vroue om hulle styl en selfbeeld te verbeter, om sodoende hulle te bemagtig om die beste te wees wat hulle kan wees.
Verstaan die mense saam met wie jy werk
Kyk Lynette Beer se GRATIS 45 minute-webinaar, Woensdag 23 Oktober om 19:00.