Beplan jy ’n funksie, vertoning, fees, konferensie óf enige ander event wat mense vermaak, inspireer en motiveer?
VOELGOEDEVENTS is die ideale kaartjieplatform om jou kaartjieverkope maklik en doeltreffend te bestuur!
Ons verkoop nie net
kaartjies nie!
Ons grootste pluspunt is ’n sterk
gemeenskap wat reeds aanklank vind by
Voelgoed se inhoud en boodskap!
Voelgoed Media het doelbewus ’n geleentheid in die mark geskep vir ’n kaartjieplatform wat fokus op vermaak, inspireer en motiveer.
VoelgoedEvents het reeds kaartjies vir verskeie groot geleenthede verkoop, waaronder PassieVol (5 500 kaartjies), Vroue wat Glo (1 700 kaartjies), Fliekaand in pajamas (3 300 kaartjies), Lynette Beer LIVE (1 500 kaartjies) en Potch Liggiefees (11 000 kaartjies).
Jy kry nie net toegang tot ’n kaartjieplatform nie, maar bereik ook ’n relevante gehoor deur Voelgoed se medianetwerk.
Alles wat jy nodig het om jóú in-persoon event soos ’n funksie, vertoning, fees, konferensie óf werkswinkel se kaartjieverkope te bestuur!
Ook perfek vir die aanbied van aanlyn events soos webinare, kursusse of uitsendings om registrasies of inskrywings te verkoop.
Ons vat graag hande met organisasies wat ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap maak deur lootjies te verkoop, donasies te aanvaar óf enige ander soortgelyke inisiatiewe.

As organiseerder kry jy toegang tot kaartjieverkope – of jy nou op jou rekenaar of selfoon is, jy kan jou event maklik bestuur.

VoelgoedEvents bied ’n deursigtige fooie-struktuur bestaande uit kommissie- en besprekingsfooie.

Sewe dae ná die event word ’n verslag aan die organiseerder verskaf én die fondse verskuldig oorbetaal.

Jou gaste se inligting (e-posadres en kontaknommer) is op versoek beskikbaar, sodat jy toegang het tot die data wat jy nodig het.

Maak gebruik van VoelgoedEvents se skandeer-toepassing om kaartjies vinnig en maklik te skandeer om die toegang van gaste glad te laat verloop.

Ons span help graag met die teksversorging en proeflees van inhoud teen ’n vasgestelde tarief om te voldoen aan redaksionele standaarde.

Organiseerders het die geleentheid om nuusbriewe en SMS'e aan gaste te stuur teen ’n vasgestelde fooi.
Kontak ons as jou event oor méér gaan as net om mense te vermaak.
Kliek vir ons Privaatheidsbeleid en gebruiksvoorwaardes