’n Vroue-oggend gevul met Bybelse lering, bemoedigende stories, en kragtige getuienisse van geloof in moeilike tye.
Karien Basson, Benescke Janse van Rensburg en ander topklassprekers
Rouchelle Liedemann as die gaskunstenaar
Almarie du Preez is die gasvrou
Karien deel haar verhaal van lyding, herstel en triomf deur geloof en met God se genade. Haar storie moedig vroue aan om ’n ewigheidsbril op te sit wanneer hulle na hulle eie uitdagings kyk. Met hierdie perspektief kan enigiemand genade en hoop in alle omstandighede uitleef.
Redakteur Vroue Wat Glo
God roep jou om sy aan sy saam met Hom te stap. Wanneer jy Hom werklik vertrou, sal jy soos die Spreukevrou lag oor die dag van môre. Jy sal vandag se teëspoed vierkant in die oë kan kyk en weet dat die Vader ’n oorvloedige, glorieryke môre vir jou beplan.
Radio-aanbieder
Ná ’n terugslag is dit soms moeilik om weer vertroue te hê. Ja, God sê Hy het ons lief, maar beantwoord nie altyd ons gebede soos ons dink Hy moet nie. Kom leer hoe om weer jou voete te vind wanneer jou geloof geskud word.
Skrywer en Direkteur van Kruispad