Dit neem tyd en moeite om gebalanseerde maaltye voor te berei, veral as jy voltyds werk, en daarom is ongesonde kitskosse dikwels aan die orde van die dag. Voelgoed Media se Splinternuwe Jy maak dit vir jou maklik met gesonde, suikervrye, glutenvrye aanvullings, maaltydvervangers en gewigsbeheerprodukte, wat in ’n japtrap gemaak kan word!
100% kollageen verrykte maaltydvervanger
Vervang 1 tot 2 maaltye per dag met die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel. Aangesien hierdie proteïen dieetskommel minder kalorieë bevat as ’n gewone maaltyd of wegneemete, kan dit goeie resultate oplewer.
100% suiwer aanvulling
Kollageen is die belangrikste bestanddeel van veselagtige bindweefsel in die bene, vel en kraakbeen. Kollageenaanvulling help om die liggaam se kollageenvlakke weer op te bou en sodoende die verouderingsproses te help vertraag.
Koffie in ‘n kits
‘n Koppie koffie wat meer as net kaffeïen bevat! Elke aktiewe bestanddeel werk saam om vir jou meer energie te gee, jou eetlus te demp, jou drange na peuselhappies in toom te hou, en natuurlik te help om hardnekkige vet te verbrand.
Splinternuwe Jy se reeks aanvullings, maaltydvervangers en gewigsbeheerprodukte is ook beskikbaar in drie verskillende pakkette: Splinternuwe Jy, Ontbyt en Koffie en nagereg. Hierdie pakkette bied jou groot besparings én jy kry ook gratis aflewering!
Vir CHARLENE HUMAN van Beyond Wellness SA is dit belangrik om ’n gesonde leefstyl te bevorder, waarvan die jongste inisiatief waarby sy betrokke geraak het, Splinternuwe Jy, getuig. Dit neem baie tyd en moeite om gebalanseerde maaltye te beplan en voor te berei, veral as jy voltyds werk, en daarom is ongesonde kitskosse dikwels aan die orde van die dag. Ons maak dit makliker met gesonde, maklike, suikervrye, glutenvrye produkte wat in ’n japtrap gemaak kan word! Voelgoed Media se Splinternuwe jy-produkte bied iets vir elkeen, of jy nou ’n vinnige ontbyt wil eet op pad na ’n vergadering, middagete by jou lessenaar moet geniet of lus is vir ’n peuselhappie.
Kry maandeliks ons #NuweJy-nuusbrief, met vel- en lyfsorg-advies, gesondheidswenke, asook oefenvideo’s, heerlike resepte, inspirasie vir ’n gelukkige lewe en méér.