Nuwe-Splinternuwe-Jy-logo_result
Maklike, gesonde, suikervrye,

glutenvrye aanvullings, maaltydvervangers

en gewigsbeheerprodukte

Maklik en gesond

Dit neem tyd en moeite om gebalanseerde maaltye voor te berei, veral as jy voltyds werk, en daarom is ongesonde kitskosse dikwels aan die orde van die dag. Voelgoed Media se Splinternuwe Jy maak dit vir jou maklik met gesonde, suikervrye, glutenvrye aanvullings, maaltydvervangers en gewigsbeheerprodukte, wat in ’n japtrap gemaak kan word!

Proteïen dieetskommel

Proteïen dieetskommel

100% kollageen verrykte maaltydvervanger

Vervang 1 tot 2 maaltye per dag met die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel. Aangesien hierdie proteïen dieetskommel minder kalorieë bevat as ’n gewone maaltyd of wegneemete, kan dit goeie resultate oplewer.

Gehidroliseerde kollageen

Gehidroliseerde kollageen

100% suiwer aanvulling

Kollageen is die belangrikste bestanddeel van veselagtige bindweefsel in die bene, vel en kraakbeen. Kollageenaanvulling help om die liggaam se kollageenvlakke weer op te bou en sodoende die verouderingsproses te help vertraag.

Vetverbrandende-koffie_result

Vetverbrandende koffie

Koffie in ‘n kits

‘n Koppie koffie wat meer as net kaffeïen bevat! Elke aktiewe bestanddeel werk saam om vir jou meer energie te gee, jou eetlus te demp, jou drange na peuselhappies in toom te hou, en natuurlik te help om hardnekkige vet te verbrand.

Afslag op pakkette

Splinternuwe Jy se reeks aanvullings, maaltydvervangers en gewigsbeheerprodukte is ook beskikbaar in drie verskillende pakkette: Splinternuwe Jy, Ontbyt en Koffie en nagereg. Hierdie pakkette bied jou groot besparings én jy kry ook gratis aflewering!

Teken in op Nuwe Jy se nuusbrief

Kry maandeliks ons #NuweJy-nuusbrief, met vel- en lyfsorg-advies, gesondheidswenke, asook oefenvideo’s, heerlike resepte, inspirasie vir ’n gelukkige lewe en méér.

Scroll to Top