Ouerskap is belangrik, maar dis ook uitputtend. Jy’s moeg, jy voel skuldig, en jy wens jy het meer tyd gehad om werklik teenwoordig te wees.
Die goeie nuus? Jy hoef nie meer te doen nie – jy kan bloot slimmer begin dink oor dit wat jy reeds doen.
Baie ouers dink hulle moet méér doen om ouerskap reg te kry – méér tyd, méér geduld, méér inspanning. Maar die geheim lê nie in nóg take of aktiwiteite nie, dit lê in wat reeds deel is van jou dag.
“Jy hoef nie ekstra take by te voeg nie. Gebruik net wat daar ís – rytyd, oggendroetines, slaaptyd – en maak dit waardevol. As jy verstaan hoe jou kind se brein werk en hoe temperament gedrag beïnvloed, kan jy met eenvoud en liefde ouerskap aanpak én die verhouding versterk,” sê Lizanne du Plessis, arbeidsterapeut, ouerskapkenner en skrywer van Sooo oulik en slim.
Die webinaar is GRATIS, maar jy móét registreer!
Voelgoed Media se webinare leer en motiveer jou om positiewe veranderinge in jóú lewe te maak – en word één keer per maand op ’n Woensdag om 20:00 regstreeks op YouTube uitgesaai! Elke webinaar eindig met ’n geleentheid waar die aanbieder vrae beantwoord waaroor almal wonder …
Verstaan jou kind se sensoriese temperament en reageer gepas
Ontdek hoe breingesonde ouerskap lyk in gewone tye
Skep betekenisvolle konneksie in rytyd, badtyd of slaaptyd
Hanteer uitdagende gedrag met empatie en selfregulering
Bou sterk bande sonder ekstra tyd of geld
Maak jou kind emosioneel veerkragtig met pret én begrip
Lizanne du Plessis is ’n arbeidsterapeut, ouerskapkenner en skrywer wat ouers help om met rustigheid en insig kinders groot te maak. Sy kombineer wetenskaplike kennis met praktiese raad, en wys hoe alledaagse oomblikke gebruik kan word om sterk verhoudings en breingesonde kinders te bou.
Ouerskapkenner, skrywer en spreker
Voel jy ook soms oorweldig as ouer? Jy wil die beste vir jou kind hê, maar jou dag is reeds propvol – en tussen werk, wasgoed en WhatsApp-groepe is daar skaars tyd om behoorlik te speel, te gesels of te “connect”.
Tog wys navorsing dat jou kind se breinontwikkeling, emosionele gesondheid en gedrag direk beïnvloed word deur daaglikse interaksies met jou – veral in die eerste paar lewensjare.
“Hoekom alewig skuldig voel as jy nie genoeg speeltyd met jou kind inruim nie? Gebruik die dag-tot-dag-oomblikke met jou kind meer doelgerig om konneksie met jou kind te versterk,” sê Lizanne du Plessis, aanbieder van die E-KURSUS Maak jou kind speel-speel slim.
In die E-KURSUS Maak jou kind speel-speel slim, wys Lizanne prakties hoe om daardie alledaagse oomblikke te omskep in breingesonde konneksie-oomblikke – sonder skedule-stres of skuldgevoel.
Jy leer ook hoe jou kind se sensoriese temperament sy gedrag beïnvloed: is jou kind ’n apie (sensories-soekend), ’n kameelperd (rustig en aanpasbaar) of ’n krimpvarkie (sensitief en vatbaar vir oorstimulering)? En hoe jy as ouer dáárdie temperament met begrip en geduld kan hanteer.
Voelgoed Media se webinare word één keer per maand regstreeks op YouTube uitgesaai. Dis gratis, maar jy moet registreer!
Een keer per maand op ’n Woensdag – 20:00 tot 20:45
Kliek vir ons Privaatheidsbeleid en gebruiksvoorwaardes
Bou ouer-kind konneksie en kalmte in alledaagse oomblikke
Kyk LIZANNE DU PLESSIS se GRATIS 45 minute-webinaar, Woensdag 18 Junie 2025 om 20:00.