Hoe gelukkig is jy in hierdie stadium van jou lewe?
As jy eerlik is, voel jy dalk jy weet nie meer presies wie jy is, waarvoor jy staan, of waarheen jy oppad is nie.
Jy’t drome en doelwitte vir jou lewe én werk gehad – maar iewers langs die pad het hulle stil geraak …
Baie mense het nie ʼn lewensplan nie, of weet nie presies wat hulle doelwitte vir hulle werk én persoonlike lewe is nie.
“’n Lewensplan bring rigting, motivering en balans. Sonder ʼn doelgerigte plan is jy besig, maar nie noodwendig produktief of vervuld nie,” sê Dr Gustav Gous, leierskapafrigter en aanbieder van die video- en oudio-kursus Kry die lewe wat jy graag wil hê!
Die webinaar is GRATIS, maar jy móét registreer!
Voelgoed Media se webinare leer en motiveer jou om positiewe veranderinge in jóú lewe te maak – en word één keer per maand op ’n Woensdag om 20:00 regstreeks op YouTube uitgesaai! Elke webinaar eindig met ’n geleentheid waar die aanbieder vrae beantwoord waaroor almal wonder …
Hoekom is jy hier? Ontdek jou doel en vervul jou roeping
Skud jou verlede af, kweek goeie gewoontes en droom groot
Skep balans in alle aspekte: werk, gesin, en jou welstand
Stel vir jou prioriteite en fokus op die belangrikste dinge
Wenke vir jou gesondheid én sterker familieverhoudings
Gebruik jou talente, werk slim en sien geleenthede raak
DR GUSTAV GOUS het verskeie grade in teologie, filosofie en sielkunde.
Hy is ’n internasionale spreker en leierskapafrigter wat kliënte in Suider-Afrika, die Midde-Ooste, die Verre Ooste en Europa het.
Plaaslik wys hy Suid-Afrikaners hoe om die lewe positief en met energie aan te pak deur sy RSG-radioprogram, Fiks vir die lewe.
Van sy kliënte sluit in Nestlé, Bayer, Toyota, Pfizer, Nedbank, Nedcor, Sasol, Laeveld Agrochem, Momentum, Realty1 en Telkom.
Leierskapafrigter en internasionale spreker
Hoe gelukkig is jy in hierdie stadium van jou lewe?
Nie ʼn goedkoop soort geluk nie, maar die soort innerlike tevredenheid as jy die lewe voluit en doelgerig leef!
Dalk weet jy nie meer wie jy regtig is, waarvoor jy staan en wat jy wil bereik nie.
Soos baie mense het jy op ’n tyd baie doelwitte gehad – net om toe later te besef hulle het iewers langs die pad agtergebly.
Herontwerp jou lewe met ’n doelgerigte plan vir jou werk én persoonlike lewe!
Jy moet weet wie jy is, waarvoor jy staan en wat jy werklik wil bereik.
Net soos jy jou persoonlike lewe en gesinslewe in balans kan bring, kan jy ook jou werk en finansiële lewe laat hande vat.
Voelgoed Media se webinare word één keer per maand regstreeks op YouTube uitgesaai. Dis gratis, maar jy moet registreer!
Een keer per maand op ’n Woensdag – 20:00 tot 20:45
Kliek vir ons Privaatheidsbeleid en gebruiksvoorwaardes