NuweJy-Logo

60 dae-uitdaging

Maerder, gesonder én gelukkiger!

Om maer te word, gaan nie net oor daardie nommer op die skaal nie. 
Gewigsverlies mag aanvanklik jou mikpunt wees, maar deur die kweek van gesonde gewoontes kan jy met Nuwe Jy se 60 dae-uitdaging soveel méér bereik – maerder, gesonder én gelukkiger! 
As ander vroue dit kan regkry, kan jy ook! 

3 Februarie tot 3 April 2025 

60 dae Facebook – Image 2 3 (1)_result

Oor die program

Hoekom die 60 dae-uitdaging?

1.
Die EETPLAN help jou om gesonde eetgewoontes aan te leer, sodat jy op die lange duur ’n gesonde gewig kan handhaaf.
2.
Kry praktiese
MAERWORD-WENKE by dieetkundiges en leer hoe om ingeligte keuses te maak terwyl jy jou leefstyl aanpas en gesonder leef.
3.
Gesondheidskenners en lewensafrigters help jou om gesonder te eet, jou selfbeeld te verbeter en fantasties te
VOEL!
4.
Kry ’n oefenplan wat spiere bou en vet verbrand, met maklike
OEFENVIDEO’S wat jy enige tyd en plek kan doen.
5.
’n Sielkundige help om ’n
POSITIEWE GEMOED te skep en gewoontes te verander wat jou gewigsprobleem kan beïnvloed.
6.
Leer om anders oor jouself en die lewe te dink, en ontdek die
GELOOFSKRAG wat jy nodig het om ’n nuwe begin te maak.
7.
Word deel van ’n geslote
FACEBOOK-GROEP wat jou vrae beantwoord, wenke en resepte deel, en jou aanmoedig en ondersteun.
8.
Skakel weekliks in by ons inspirerende
FACEBOOK LIVE-SESSIES, waar ons kenners waardevolle wenke en ondersteuning bied.
+
’n Uurlange VELSORG WERKSWINKEL in samewerking met Willa Krause Velsorg

Hoe dit werk!

Eetplan, dieetwenke, oefenvideo’s en méér

Uitgewerkte eetplan

Die dieetkundige Amanda
Kuit het ’n eetplan uitgewerk
wat vir elke vrou kan werk.
Kies elke dag kossoorte uit
die voedselkeuselys om
verskeidenheid in te werk.

Praktiese dieetwenke

Lees elke weeksdag
dieetkundiges se beste,
praktiese dieetwenke
én hoe om ingeligte
keuses te maak terwyl jy
jou leefstyl aanpas.

Gesonde eetgewoontes

is jy vasgevang in
‘n eindelose siklus van
ooreet, kitsdiëte en
obsessiewe gedagtes oor
kos? Leer by kenners oor
voeding en hoe om gesonde
eetgewoontes te kweek.

Voel
fantasties

Kenners, lewensafrigters
en motiveringsprekers
se motivering twee keer
per week help jou om
die regte besluite te neem
om gesond te leef.

Maklike oefenvideo’s

Kry die fiksheidskenner Marijke Cilliers se verskillende oefenplanne met oefeninge wat vet verbrand. Dié maklike oefeninge in elke oefenvideo is sowat 15 minute lank.

Positiewe
gemoed

Die sielkundige Catherine van Heerden se Dink jouself dun-video elke Maandag help jou om die bagasie af te gooi wat moontlik bydra tot jou gewigsprobleem.

Innerlike geloofskrag

Liesel Krause-Wiid, bekende predikant, lei jou om jou geloof te verdiep, hoop te vind en die wilskrag te kry wat jy nodig het om nuut te begin.

Geslote
Facebook-groep

Word deel van ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep. En skakel weekliks in vir inspirerende Facebook Live-sessies, aangebied deur kenners!

Velsorg Werkswinkel

Jou inskrywing vir die 60 dae-uitdaging sluit ’n uurlange aanlyn Velsorg werkswinkel, in samewerking met Willa Krause Velsorg, in.

van vroue
in Suid-Afrika is
oorgewig
0 %
Is wat jy kan
verloor met die 60
dae-uitdaging
0 + kg
beter kans op
sukses saam met ’n
vriendin
0 %
dae is
nét wat jý nodig
het!
0

Wat gebeur
wanneer die 60 dae-uitdaging
verby is?

Venessa-Schoeman

Elke jaar neem honderde vroue van regoor die land die stap om in te skryf vir die 60-dae-uitdaging. 
Uit die groot aantal inskrywings word daar ’n aanvanklike kortlys van sestig vroue saamgestel. 
Twintig van hulle word genooi vir ’n onderhoud, waar hulle die kans kry om hul stories te deel en hul drome te verduidelik. 
Uiteindelik is dit ses vroue wat deurdring na die mees onvergeetlike oormaaksessie van hul lewens – die Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram! 
Dié 3 maande-program is spesifiek ontwerp om deur gewigsverlies, gesondheid, skoonheid én persoonlike groei vroue te help om mooi van binne én buite te wees! 

Venessa Schoeman 
Redakteur Voelgoed Media én aanbieder 
van Facebook LIVE-sessies 

Soos baie ander vroue, sukkel ek om my ideale gewig konstant te hou, en dit voel soms soos ’n eindelose stryd … 
Ek bevind myself dikwels op ’n wipplank van ’n paar kilogram of wat oorgewig, wat nie net my fisiese gesondheid beïnvloed nie, maar ook my geestelike welstand. En dan voel ek ontevrede en soms selfbewus. 
Ek nooi jou uit om saam met my deel te neem aan Nuwe Jy se opwindende 60 dae-uitdaging – vanaf 3 Februarie tot 3 April 2025! 
Gedurende dié twee maande gaan ons elke dag sáám aanpak … mekaar ondersteun, ons vordering deel én ons suksesse vier, groot of klein. 

Vanes-Mari du Toit 
TV-persoonlikheid én ambassadeur 
van die 60 dae-uitdaging 

Vanes-Mari du Toit
doen die uitdaging saam
met jóú!

Venes-Mari du Toit

Wie is die span?

Dieetkundiges, fiksheidskenners, lewensafrigters en méér

Amanda-Kuit

Amanda
Kuit

Dieetkundige

Marijke-Cilliers

Marijke
Cilliers

Fiksheidskenner

Catherine van Heerden

Catherine van Heerden

Sielkundige

Liesel Krause-Wiid -Predikant en skrywer Liesel Krause-Wiid Liesel Krause Wiid

Liesel Krause-Wiid

Predikant

Venessa-Schoeman

Venessa Schoeman

Facebook LIVE-aanbieder

Splinternuwe Jy

Kry 50% afslag op Nuwe Jy se gewigsbeheerprodukte

Dieet-Skommel-promosie_result

Proteïen dieetskommel

Vervang 1 tot 2 maaltye per dag met n Proteïen dieetskommel. 

kollageen-promosie_result

Gehidroliseerde kollageen

Bou jou kollageenvlakke op met 100% suiwer Gehidroliseerde kollageen. 

Vetverbrandende koffie

Laat sentimeters wegsmelt met warm óf koue Vetverbrandende koffie. 

Nuwe jy-selfverbeteringsprogram

Lees ons 2024
Nuwe jy-finaliste se
stories ...

3 Februarie tot 3 April 2025

Skryf vróég in en spaar!

Skryf vóór 10 November in en betaal slegs R139, vóór 30 November R159, vóór 31 Desember R179, en vóór 30 Januarie R199 

Vriendinne-aanbod – R299 vir twéé persone 

R 99
Swart Vrydag-afslag
tot 6 December
  • Eetplan, dieetwenke, oefenvideo’s
    en méér
  • Facebook-groep en weeklikse
    Facebook LIVE-sessies
  • 50% afslag op Splinternuwe
    jy-produkte
  • Inskrywing vir die Nuwe jy-selfverbeteringsprogram
R 179
vóór
31 Desember
  • Eetplan, dieetwenke, oefenvideo’s
    en méér
  • Facebook-groep en weeklikse
    Facebook LIVE-sessies
  • 50% afslag op Splinternuwe
    jy-produkte
  • Inskrywing vir die Nuwe jy-selfverbeteringsprogram
R 299
vir
twéé
  • Eetplan, dieetwenke, oefenvideo’s
    en méér
  • Facebook-groep en weeklikse
    Facebook LIVE-sessies
  • 50% afslag op Splinternuwe
    jy-produkte
  • Inskrywing vir die Nuwe jy-selfverbeteringsprogram

Velsorg-werkswinkel in samewerking met Willa Krause Velsorg

WILLA KRAUSE VELSORG – effektiewe, bekostigbare velsorgprodukte spesifiek vir die Suid-Afrikaanse klimaat, kliek op willakrauseskincare.co.za.

Scroll to Top