Die aanlyn TV-program Voelgoed LIVE word elke tweede Woensdag om 20:00 op die Voelgoed-webblad, Facebook LIVE en YouTube uitgesaai.
Die aanbieder is Venessa Schoeman, handelsmerkdirekteur van Voelgoed Media.
In elke episode kan jy uitsien na ’n spesiale gas, gasaanbieder Karien Basson wat gesels met inspirerende mense, raad oor hoe om probleme te oorkom, wenke vir ’n mooier voorkoms, en méér …
Jy wil ook nie ons gereelde insetsels misloop nie … JOU GELOOF deur Liesel Krause-Wiid en JOU VERHOUDINGS deur die verhoudingskenner Lynette Beer.
Voelgoed LIVE word met trots geborg deur Cosmetic SA.
Om op die hoogte te bly met die programskedule, sluit jou aan by Voelgoed LIVE se Facebook-groep.
Venessa se spesiale gas is die sangeres Elizma Theron, ons gesels met Ivor Swartz, motiveringspreker, Liesel Krause-Wiid praat oor Krisisse verander jou óf ten goede óf ten kwade
Spesiale gas –Elizma Theron – sangeres
Jou geloof – Liesel Krause-Wiid – predikant en skrywer
Gesels met – Ivor Swartz – motiveringspreker
Nuwe jy – Marciel Hopkins – TV-aanbieder en lewensafrigter
Die meeste vroue het min tyd en ’n besige program. Terwyl jy die kinders rondry, oefen, kosmaak of inkopies doen, kan jy steeds na Voelgoed LIVE luister.
Dorette Potgieter, sangeres – ’n Gesin is veel belangriker as roem!
Lynette Beer, verhoudingskenner – Krisisse verander jou óf ten goede óf ten kwade
Elsa Esterhuizen, motiveringspreker – Die belangrikste is om die lewe weer in die oë te kyk
Marciel Hopkins, TV-aanbieder en lewensafrigter – Wat elke vrou in haar grimeertassie moet-hê!
Karien Basson, skrywer en skakelpraktisyn – Hoe om … jou TYD verstandig te gebruik
Om op die hoogte te bly met die programskedule, sluit jou aan by Voelgoed LIVE se Facebook-groep.
Om op die hoogte te bly van die datum vir die volgende episode, spesiale gaste op die program, ens., teken in op ons nuusbrief.