Méér oor Voelgoed LIVE

#VoelgoedLive

Aanlyn TV wat met jou hart praat!

Die aanlyn TV-program Voelgoed LIVE word elke tweede Woensdag om 20:00 op die Voelgoed-webblad, Facebook LIVE en YouTube uitgesaai.

Die aanbieder is Venessa Schoeman, handelsmerkdirekteur van Voelgoed Media.

In elke episode kan jy uitsien na ’n spesiale gas, gasaanbieder Karien Basson wat gesels met inspirerende mense, raad oor hoe om probleme te oorkom, wenke vir ’n mooier voorkoms, en méér …

Jy wil ook nie ons gereelde insetsels misloop nie … JOU GELOOF deur Liesel Krause-Wiid en JOU VERHOUDINGS deur die verhoudingskenner Lynette Beer.

Om op die hoogte te bly met die programskedule, sluit jou aan by Voelgoed LIVE se Facebook-groep.

AANLYN TV-program

Elke TWEEDE WOENSDAG

REGSTREEKS om 20:00

#VoelgoedLive
#VoelgoedLive
#VoelgoedLive
#VoelgoedLive

Borg

Voelgoed LIVE word met trots geborg deur Cosmetix SA

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!