Oor ons

Ek is Venessa Schoeman, redakteur van Voelgoed Media 

Vir 25 jaar is Finesse ’n integrale deel van Afrikaanse Christenvroue se menswees. Die laaste jaar of wat het lesers ons leer ken as Finesse Voelgoed Tydskrif.

Ons het oor die jaar vele nuwe baadjies aangetrek en spog deesdae met verskeie webblaaie, inspirerende funksies, podsendings, interessante webinare, ’n aanlyn TV-program, en verskeie inisiatiewe soos bootreise, toere en produkte.

“Stagneer” is nie ’n woord wat deel is van Finesse Voelgoed Tydskrif se woordeskat nie. Dit is noodsaaklik om ’n handelsmerk te ontwikkel en te groei. Soms beteken dit selfs om jou naam te verander. Dit vra toewyding, vasberadenheid … en ’n geloofsprong!

Méér as net ’n tydskrif, dis ’n leefstyl!

’n Handelsmerk is meer as net ’n logo. Dit is onder meer ook ’n identiteit, waardes en ’n doel.

Ons nuwe handelsmerk, Voelgoed, verteenwoordig ’n leefstyl! Om goed te voel … oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en méér.

Een ding bly konstant: Ons missie is om jóú as Christenvrou in te lig, te verryk en te inspireer!

Voelgoed – ons nuwe handelsmerk!

Die manier waarop mense leef, speel en werk het vir goed verander. Voelgoed omhels dié nuwe wêreld.

Ná 25 jaar is dit vir ons die begin van ’n opwindende, nuwe fase …

Voelgoed is ...

... ’n webblad wat jou aanlyn bron vir inspirasie is

Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,”

Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!

Voelgoed is ... ... ’n webblad wat jou aanlyn bron vir inspirasie is
Voelgoed LIVE

Voelgoed is ...

... aanlyn TV wat met jou hart praat

In elke episode kan jy uitsien na jou gunstelingbekende, inspirerende mense, raad om probleme te oorkom, wenke vir ’n mooier voorkoms, en méér.

Voelgoed is ...

... aanlyn leer wat fokus op wié jy is

Voelgoed-Leer is ’n aanlyn leerplatform wat op selfontwikkeling fokus.

Ons gee om wié jy is, nie net hoe jy lyk nie!

Die aanlyn kursusse word almal deur kundiges aangebied.

Voelgoed is ... ... aanlyn leer wat fokus op wié jy is
#VoelgoedVideo #VoelgoedOudio

Voelgoed is ...

... video en oudio wat jou leer oor verskillende onderwerpe

Dis moeilik om by te hou, nuwe vaardighede te bemeester of saam te praat oor die nuutste neigings as jy nie kans kry vir lees nie.

Jy kan egter steeds aanhou groei deur aanlyn video’s te kyk of oudio’s te luister – 24/7 – net wanneer dit jou pas.

Voelgoed is ...

... podsendings wat jou laat goed voel

Terwyl jy die kinders rondry, oefen, kosmaak of inkopies doen, kan jy steeds luister. Dit is waarom Voelgoed se weeklikse podsendings so ’n gewilde alternatief is.

Voelgoed is ... ... podsendings wat jou laat goed voel
Voelgoed is ... MentorMaandag

Voelgoed is ...

... mentorskap om die beste jý te wees

Voelgoed se mentors is hier om jou te help. Jy kan hulle vertrou om saam met jou die pad te stap! 

Voelgoed is ...

... geloofsinhoud om jou dag met God te begin

Kry elke Sondag geloofsinhoud vir jou week – om te lees, te luister én te kyk op jou selfoon, tablet of rekenaar.

Voelgoed is ... geloofsinhoud om jou dag met God te begin
Voelgoed is ... WebinaarWoensdag

Voelgoed is ...

... webinare wat jou leer en motiveer

Dit word aanlyn aangebied en fokus op ’n verskeidenheid van onderwerpe soos selfontwikkeling, geloof, huwelik en ouerskap.

Voelgoed is ...

... funksies wat jou vermaak en inspireer

Ons funksies is bekend daarvoor om vroue te vermaak én te inspireer met topklassprekers, paneelbesprekings en ’n netwerkgeleentheid om gemotiveer daar weg te stap!

Voelgoed is ... ... funksies wat jou vermaak en inspireer
Voelgoed is ... Reisklub

Voelgoed is ...

... reise wat ’n glimlag op jou gesig laat

Voelgoed se jaarlikse #GIRLS-bootreis in Maart is méér as net ’n bootreis.

Oornag in luukse kajuite, kuier op die dek, baljaar in die swembad óf bederf jouself met ’n sonbed of spa-behandeling.

Voelgoed is ...

... liefdadigheid teenoor minderbevoorregtes

Ons vat graag hande met ’n organisasie soos Helpende Hand, wat ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap maak.

Voelgoed is ... ... liefdadigheid teenoor minderbevoorregtes

Ons Span

Venessa Schoeman

Venessa Schoeman

Handelsmerkdirekteur
Lerize Jansen van Rensburg

Lerize Jansen van Rensburg

Produksie
Bianca Marais

Bianca Marais

Promosieredakteur
Chanté Schoeman

Chanté Schoeman

Funksies, Skakelwerk en Doen Goed
JC Schoeman

JC Schoeman

Besigheidsontwikkeling en Vennote
Diana-Weber

Diana Weber

Sosiale Media
Ella Lessing

Ella Lessing

Sosiale Media
Elanie vd Westhuizen

Elanie vd Westhuizen

Junior Web Spesialis
Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!