Kalender

Kalender

Bianca, Juanita, Karla en Phillecia is ambassadeurs vir die Nuwe jy-bootcamp, Saterdag 23 Oktober.

Het jy al ooit gewonder waarom party mense oënskynlik maklik ryk word en finansiële vryheid geniet? Ander sukkel hulle lewe lank om genoeg geld te hê om finansieel te oorleef. Die geheim is, jy moet anders begin dink oor geld. Jy kan jouself ryk dink!

Kennis oor die mense saam met wie jy werk se persoonlikhede, wat hulle motiveer en watter sterk en swak punte hulle het, is belangrik vir effektiwiteit en ’n goeie werksverhouding. Dit maak nie saak of jy ’n bestuurder, ’n toesighouer, ’n spanleier of ’n gewone werknemer is nie.

Kuier aanlyn saam met Finesse en Simoné op Woensdag 22 September, 19:00-20:00. Jy mag dink jy ken jou gunstelingbekende, maar jy het haar nog nooit só gesien nie!

#netmatrieks 13 - 17 Desember 2021

Twee onvergeetlike bootreise vir jongmense – of jou kind vanjaar in matriek is of ’n student is wat smag na ’n wegbreek saam met vriende. Dan is die #NetMATRIEKS bootreis aan boord van die MSC Musica net vir hulle! En vir ma’s beteken dit ook gemoedsrus, want dis ’n veilige, bekostigbare vakansie vir jou kind.

18 - 21 Februarie 2022

Finesse en Epimax se #NetGIRLS‒bootreis aan boord van die MSC Musica
beloof om jou en jou vriendin se droomvakansie te wees! Ons vaar vanaf Vrydag
18 Februarie tot Maandag 21 Februarie 2022 van Durban na die Portugese Eiland.

Finesse se onvergeetlike Bybeltoer na Israel vind weer volgende jaar plaas! Kom onderneem ’n pelgrimstog tydens die 2022 April–skoolvakansie saam met ds. Liesel Krause–Wiid en haar man, Siebert, wat jou geloof soos nog nooit tevore nie sal verdiep …

Reis saam met Finesse, LYNETTE BEER en KEVIN LEO na Duitsland om die 2022 Passiespel in die pragtige klein Bavariese dorpie Oberammergau by te woon. Hierdie tragiese en aangrypende toneelstuk beeld die lyding, dood en opstanding van Jesus Christus uit.