Voelgoed Media en Everest Advisory Services bied aan!
Sluit by ons mans- en vroue-gholfdag aan vir ’n dag vol pret, vars lug en fantastiese gholf by die Centurion Country Club! Hierdie is die perfekte kans om te netwerk, te ontspan en ’n paar balle te slaan – ten bate van Helpende Hand.
Vrydag 20 Junie
Die Voelgoed–gholfdag word met trots aan jou gebring deur EVEREST ADVISORY SERVICES.
Mans én vroue word uitgenooi om bande te smee met kliënte, ander besighede en sakemense – én ook saam met bekendes soos Pieter Koen, Angelique Gerber, Deon Groot en Mia Slabbert te speel.
Goeiemôre ontbytprogram-aanbieder
Aktrise
en aanbieder
Sanger
Sakevrou en
TV-aanbieder
Die Voelgoed-gholfdag word op Vrydag 20 Junie by Centurion Country Club in Pretoria gehou.
Die dag se spel sal die formaat van ’n tweebal-beterbal aanneem, met ’n skootklap-afslaan om 11:00.
Mans én vroue word uitgenooi om bande te smee met kliënte, ander besighede en sakemense – én ook saam met bekendes soos Pieter Koen, Angelique Gerber, Deon Groot en Mia Slabbert te speel.
Die inskrywingsfooi beloop R4 000 per vierbal en sluit twee gholfkarretjies, gholfpette, halfweghuis, prysuitdeling en vermaak in.
Groot pryse is op die spel!
Die Voelgoed-gholfdag spog ook met groot pryse om spelers te beloon.
Beste mans-vierbal, beste vroue-vierbal, kleurvolste span, naaste aan die pen, verste dryfhou en méér.
Lootjies ten bate van Helpende Hand
Lootjies word by die 18de gaatjie verkoop deur die loop van die dag. Alle geld wat ingesamel word, én ook die opbrengs van die veiling, word geskenk aan Helpende Hand. Gelukkige trekkings sal by die prysuitdeling plaasvind.
Die inskrywingsfooi beloop R4 000 per vierbal en sluit twee gholfkarretjies, gholfpette, halfweghuis, prysuitdeling en vermaak in.
Speelfooi, kompetisies, ens
Voelgoed-gholfdag gholfpet
Golfkarretjies (twee per span)
Ete by die halfweghuis
Prysuitdeling, ete en veiling
Vermaak deur Deon Groot
Vrydag
20 Junie
Centurion
Country Club
Skootklap-afslaan
11:00
Tweebal-
beterbal
R4 000
per vierbal
Stel jy belang om ʼn gaatjieborg by die Voelgoed–gholfdag te wees?
Borg ’n gaatjie én staan die kans om 1 van 3 advertensie–pakkette (ter waarde van R20 000 elk) vir Voelgoed Media se platforms te wen!
● Spoggaatjie R3 000 – Stalletjie wat jou besigheid bemark
● Natgaatjie R2 000 – Iets vir die spelers om te drink (alkoholies/alkoholvry)
● Hapgaatjie R2 000 – Iets vir die spelers om te eet
Ander borgopsies is ook beskikbaar – kliek hier.
● Beste mans-tweebal (2 items)
● Beste vroue-tweebal (2 items)
● Kleurvolste mans-vierbal (4 items)
● Kleurvolste vroue-vierbal (4 items)
● Naaste aan die pen
● Verste dryfhou
● Promosie-items vir spelers (128 items)
Die Voelgoed-gholfdag word met trots aan jou gebring deur EVEREST ADVISORY SERVICES.