Kry jou vriendinne bymekaar, trek julle pajamas aan en geniet Ryan Gosling en Margot Robbie se kleurvolle komedie Barbie tydens Voelgoed Media en PharmaForce se fliek-aand.
Demi Lee Moore, Angelique Gerber en ander bekendes
In jou geskenkpak
In jou geskenkpak
Die kleurvolle rolprent Barbie beloof om nie net die nostalgie terug te bring nie, maar ook om jou lekker te laat lag en ’n bietjie te laat dink oor die lewe!
Kry jou vriendinne bymekaar, en as jy ’n dogter ouer as 13 het, bring haar gerus saam. Of elkeen in haar eie pajamas of onesie opdaag en of julle groep dieselfde slaapdrag dra, maak seker almal is reg vir ’n foto!
Ná die fliekaand laai ons die prettigste foto’s op sosiale media met die hutsmerk #FliekInPajamas. Die foto’s met die meeste “likes” staan ’n kans om groot pryse te wen.
In die voorportaal word jy verwelkom deur jou gunstelingbekendes soos Demi Lee Moore, Angelique Gerber, Mandi Baard, Andriëtte Norman, Tracey Lange, Benice Borman, Yolanda Maartens en Cathy de Lange.
Kom kyk ook hoe lyk Venessa Schoeman en medewerkers soos Rhona Erasmus, Kayla Wagg, Minette Visser en Serhani Symingtonin in hulle pajamas!
Die geleentheid begin om 16:30, met die filmvertoning om 17:30. Benewens dat julle bederf word met die fliek Barbie is daar ook vir elkeen ’n geskenkpak met Finesse Voelgoed Tydskrif, springmielies, Nestlé L’Atelier-sjokolade, reg-om-te-drink Hydrolec van Pharmaforce, afslagbewyse en vele meer om na uit te sien.
Menlyn Park, Pretoria; Emperor’s Palace aan die Oos-Rand; Clearwater aan die Wes-Rand; Loch Logan, Bloemfontein en Canal Walk, Kaapstad.