Kry jou ma, dogter, vriendinne en kollegas bymekaar vir ons #Girls-fliekaand in pajamas en geniet die lokettreffer The Devil Wears Prada 2 saam met jou gunsteling-bekendes. Of wat van ’n fliekaand met kollegas – mode, drama en pret gewaarborg!
Nooi jou ma, dogter, vriendinne en kollegas vir Voelgoed Media se #Girls-fliekaand, trek julle pajamas of onesies én #GirlsFliek-pantoffels aan – en geniet The Devil Wears Prada 2, een van die jaar se mees verwagte rolprente!
Die geleentheid begin om 17:00, met die fliekvertoning om 18:00.
Benewens die fliek is daar ook vir elkeen ’n bederfpak ter waarde van R500 van ons borge, afslagbewyse en vele méér om na uit te sien.
Of elkeen in haar eie pajamas of onesie opdaag en of julle groep dieselfde pajamas én #GirlsFliek-pantoffels dra – maak seker almal is reg vir ’n foto!
Deel julle individuele én groepfoto’s op sosiale media met die hutsmerk #FliekInPajamas, die foto’s met die meeste “likes” staan die kans om groot pryse te wen.
Miranda Priestly (Meryl Streep) se glanswêreld van gedrukte media moet plek maak vir digitale invloed en haar magsposisie by Runway begin wankel.
Emily Charlton (Emily Blunt), eens haar assistent, is nou ’n magtige uitvoerende hoof wat beheer uitoefen oor die advertensie-inkomste wat Runway broodnodig het.
Dié opvolgfliek delf in die wêreld van kitsmode, beïnvloederskultuur en mag in die digitale era – met terugkerende sterre Anne Hathaway en Stanley Tucci, asook Sydney Sweeney as ’n opwindende nuwe toevoeging.
Die #GirlsFliek-pantoffels is spesiaal ontwerp vir die fliekaand – perfek om saam met jou pajamas of onesie aan te trek.
Gemaak van sagte EVA Nap-materiaal, is hierdie pantoffels gerieflik, higiënies en heerlik sag.
Die standaard grootte (28 x 11 cm) pas die meeste vroue se voete, sodat jy gemaklik saam met vriendinne kan ontspan en kuier.
Slegs ‘n beperkte hoeveelheid #GirlsFliek-pantoffels is beskikbaar (R49 per paar) – jy kry jou pantoffels by die teater.
In die voorportaal word jy verwelkom deur jou gunsteling-bekendes soos Reandi Grey, Nadiné, Vanes-Mari du Toit, Andriëtte Norman, Jessica Daniels, Sue Pyler, Cordelia, Dorette Potgieter, Anel Alexander, Lizz Meiring, Iana Strydom en Irene-Louise van Wyk.
Kuier ook saam met Venessa Schoeman, redakteur van Voelgoed Media én medewerkers soos Lynette Beer en Karien Basson in hulle pajamas!










Early Bird-kaartjies beskikbaar – jy kan tot 25% spaar op jou toegang tot die Vroue wat Glo-retreat!
Geldig tot 30 Junie.
Goeie nuus, jy kan jou kaartjie afbetaal – kliek op die AFBETAAL-KAARTJIE (Geldig tot 16 Junie).
Early Bird-kaartjies beskikbaar by Choose Life Church – jy kan tot 25% spaar op jou toegang tot die Vroue wat Glo-retreat!
Geldig tot 30 Junie.
Goeie nuus, jy kan jou kaartjie afbetaal – kliek op die AFBETAAL-KAARTJIE (Geldig tot 16 Junie).
Gratis koffie en tee met aankoms – slegs vir Voelgoed-vriendinne én Grondvlak Voor kaartjies!
Sitplekke is beperk, en kaartjies vir verlede jaar se fliekaand het in ’n japtrap verkoop.
SLEGS ÉÉN VERTONING
Woensdag 6 Mei
17:00 vir 18:00
Early Bird-kaartjies R169 R199
Kaartjie + pantoffels R218 R248
Afslag beskikbaar vir groepbesprekings van 5 en méér – [email protected].
Kliek op die Nu Metro-teater waar jy wil fliek!
MENLYN PARK – NÓG ’N VERTONING
Woensdag 13 Mei
17:00 vir 18:00
Early Bird-kaartjies R169 R199
Kaartjie + pantoffels R218 R248
6 Nu Metro-teaters
15+ bekendes
1 000+ fliekgangers
Woensdag 6 Mei
Nu Metro-teaters
17:00 vir 18:00
Kliek vir ons Privaatheidsbeleid en gebruiksvoorwaardes
As jy deel is van die Voelgoed-vriendinneklub, vul jou lidmaatskapnommer in om jou kaartjies te koop.
As jy nog nie deel is van die vriendinneklub nie, kliek op Sluit aan!
As jy deel is van die Voelgoed-vriendinneklub, vul jou lidmaatskapnommer in om jou kaartjies te koop.
As jy nog nie deel is van die vriendinneklub nie, kliek op Sluit aan!