Soveel vroue skrik op 'n dag wakker en wonder: “Hoe het ek tot hier gekom?” Oorgewig, ongesond en ongelukkig met die prentjie in die spieël. Tog vermoed jy dat daar 'n beter vrou, ma of lewensmaat hier binne skuil as jy maar net jou kop, hart en lyf op die regte koers kan kry. Ons Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram is juis met hierdie doel ontwikkel. Dié program fokus op holistiese gesondheid, gewigsverlies, persoonlike groei en selfvertroue!
Aan die begin van die jaar skryf vroue hulle in om aan die 60-dae-uitdaging deel te neem. Elke deelnemer kry 'n eetplan, oefenprogram, dieetwenke, motiveringsvideo's én meer! Almal wat goeie vordering gemaak het op die 60 dae-uitdaging, kan hulle dan inskryf vir die Nuwe Jy-program. Twintig vroue word genooi na 'n aanlyn onderhoud en tien word gekies om intensief aan die werk te spring. Uiteindelik word 'n finale top-6 vroue aangewys.
Ons borge is gereed om elke finalis in 'n nuwe mens te omskep. Slender Wonder se eetplan help met gewigsverlies, terwyl Annique Rooibos se velsorgprodukte vir 'n gesonde gloed sorg. Ons finaliste glimlag breed ná besoeke aan I Love My Smile. Sielkundige Catherine van Heerden ondersteun hulle geestelik tydens 'n groepsessie by Tshikwalo Game Lodge. Leer ons finaliste beter ken en stem vir jou gunsteling voor 30 September 2024 om jou eie mini-make-over te wen!
Begingewig: 86.2 kG
Charmaine is ’n rekenmeester wie se werkverwante stres haar hopeloos verkeerd laat eet. Boonop is sy skaam en tussen haar slanker sibbe voel sy altyd soos die lelike eendjie. Sy het ingeskryf vir die Nuwe Jy-program nie net om gewig te verloor nie, maar om haarself uit te daag om buite haar gemaksone te tree en meer selfvertroue te kry.
Begingewig: 72.6 kG
Annamarie is ’n bedryfsgehalte-koördineerder in sekuriteit, werk saam met haar man en geniet dit terdeë. Sy is in Desember 2023 met vetterige lewersiekte gediagnoseer en haar dokter het haar aangeraai om 8 kg af te skud. Indien sy nie ’n gesonde leefwyse handhaaf nie, staan sy ’n groter kans om lewerkanker op te doen. Haar belangrikste doelwit tydens die program is om nuwe gesonde gewoontes aan te leer.
Begingewig: 71.7 kG
Priscilla is ’n opgeleide traumaverpleegster wat by die Alma Skool vir gestremde kinders werk. Ná haar dogter se geboorte het sy stelselmatig gewig opgetel. ’n Voetoperasie in 2023 het haar laat besef dat sy iets daadwerklik sal moet doen om gesonder te leef. Die ekstra kilogramme wat sy saamgedra het, het haar herstel benadeel en haar minder beweeglik gemaak.
Begingewig: 83.9 kG
Mathilda ’n PR-konsultant en bemarker, is van kleintyd af mollig. Mense se kwetsende woorde het haar laat glo dat sy vet en lelik is. Met haar deelname aan die Nuwe Jy-program hoop Mathilda om uiteindelik haar emosionele bagasie af te skud en die lewe met meer selfvertroue tegemoet te stap.
Begingewig: 80 kG
Suzette se laatlam was ’n groot verrassing. Min het sy besef dat die medikasie wat sy vir melkproduksie gebruik het ook ’n antidepressant was. Toe sy dit staak, het sy in ’n diep gat van depressie verval, en troos in kos gevind. Sy het haarself verloor en moes weer beheer neem van haar lewe om die ou Suzette te vind.
Begingewig: 86.8 kG
Naomi is ’n rekenmeester wat meer gemaklik tussen syfers en sakrekenaars as rondom mense is. Sy het borskanker oorwin, maar weens chemoterapie 20 kg opgetel. Sy het besluit genoeg is genoeg en dat sy die oortollige kilogramme wil afskud. Daarmee saam hoop sy om ook haar energie terug te kry en haar selfvertroue te herwin.
Begingewig: 74.2 kG
Connie is ’n piesangnavorser en -konsultant. Met hoë bloeddruk en angs oor ander se geluk, voel sy elke dag meer ongesond. Haar geneigdheid om haarself met ander vroue te vergelyk het ook haar selfwaarde laat kwyn. Dis haar hartsbegeerte om nog vir lank saam met haar kleinkinders te speel, gesonder te voel en te leef.
Begingewig: 77.9 kG
Annatjie is ’n haarstilis wat elke dag haar kliënte mooi maak en na hulle hartstories luister. Sy het besef om aan te hou luister, moet sy weer haar eie tenk volmaak. Die stres van finansies, haar gewig en die opinies van mense, het haar begin onderkry. Sy het ingeskryf vir Nuwe Jy met die hoop om goed te lyk en emosioneel gesond te word.
Begingewig: 92.9 kG
Amanda ’n entrepreneur wat handgemaakte papierblomme vir gesellighede maak, sukkel met insulienweerstandigheid, moegheid en ’n swak selfbeeld. Sy het vir die Nuwe Jy-program ingeskryf met die hoop om nie net gewig te verloor nie, maar ook om meer energie te hê. Sy wil makliker met haar kinders kan speel en weer mooi vir haarself en vir haar man voel.
Begingewig: 76.6 kG
Petro is ’n tuisteskepper wat vir die derde keer vir die Nuwe Jy-program inskryf. Soos enige ma bekommer sy haar oor haar kinders. Hulle uitdagings het haar emosioneel afgetakel. Sy en haar man het egter begin draf en só kon sy al 20 kg op haar eie afskud. Sy wil haar geestesgesondheid verbeter en haar beste self word tydens die program.
Dankie dat jy gestem het!
Sien jou by een van ons volgende gebeurtenisse:
● Lynette Beer LIVE | Woensdag 18 September | Belville – kliek om te bespreek
● Nuwe Jy-fees | 5 Oktober | Centurion – kliek om te bespreek
● Lynette Beer LIVE | Woensdag 16 Oktober | Kemptonpark – kliek om te bespreek
● #GIRLS-bootreis | Vrydag 7 – Maandag 10 Februarie 2025 – kliek om te bespreek