Die immergewilde #Girls-bootreis het geen bekendstelling nodig nie, en het oor die jare heen die perfekte jaarlikse wegbreek vir duisende vroue, ma’s en dogters, vriendinne en kollegas geword – 5 tot 8 Maart 2027.
Groepstariewe met ‘n afbetaal-opsie tot 31 Mei
R4 000 deposito + 5 maande om af te betaal
Jy kan uitsien na ’n luukse kajuit, etes in vyfster-restaurante, swembaddens, jacuzzi’s, teaterproduksies, temapartytjies, kuier saam met bekendes, topklasvertonings en praatjies, ’n eilandbesoek, en méér …
WAT IS ALLES INGESLUIT?
● Luukse kajuit – wat elke dag skoongemaak word
● Alle etes – vyfster-restaurante óf by die buffet
● Ontspanning – swembaddens, jacuzzi’s, gimnasium, spa en méér
● Vermaak – temapartytjies en teatervertonings
● Eilandpret – by die Portugese eiland (as die weer dit toelaat)
● Bekendes – vertonings, praatjies, kuier en foto’s
Vir die eerste keer ooit kon jy direk by Voelgoed Media bespreek – welkom aan ons 250 #GirlsBootVIP’s!
Ingesluit by die VIP-pakket is ’n Ek lief Voelgoed-koelhanddoek, gereserveerde teater-sitplekke, groet-en-ontmoet met die bekendes én ander verrassings!
Kliek hier vir méér inligting oor die #GirlsBootVIP-groepsbespreking.
Ons het slegs 30 kajuite teen ’n spesiale tarief met MSC bevestig – bespreek vandag nog jou seeuitsig-kajuit (vermaakfooi ingesluit) met ’n R4 000 deposito en betaal die res oor 5 maande (gelyke paaiemente) af.
Kliek hier vir méér inligting oor die gewone groepsbespreking.
Om aan die #GirlsBoot-kompetisie deel te neem, en ’n kans te staan om ’n dubbelkajuit vir jou en jou vriendin te wen – koop die #Voelgoed30-vieringstydskrif (R149)!
Al bespreek jy vir die #Girls-bootreis, kan jy jou besprekingsgeld terugkry as jy die gelukkige wenner is!
Kliek hier vir die #GirlsBoot-kompetisie se bepalings en voorwaardes.
Bespreek vroegtydig – onthou, kajuite word al duurder en minder beskikbaar soos wat MSC sélf ook die datum van 5 tot 8 Maart verkoop.
Ons maak binnekort die kunstenaars en sprekers bekend – met ’n verrassing of twee!
Ons vaar die wêreld van blockbuster-flieks binne – die skip is ons filmstel, die dek ’n rooi tapyt, en elke vrou die ster van haar eie storie!
Aankoms – BARBIE
Pienk, borrelend en vol selfvertroue – trek chic tot cheeky aan en vier jóú vrouwees.
Dekpartytjie – GREASE
Wye rompe, tekkies en groot hare – ons gaan dans asof John Travolta sélf vir ons sing.
Teater – THE DEVIL WEARS PRADA
Modieus, dramaties en elegant – stiletto’s en al, asof jy reguit uit ’n glanstydskrif stap.
Early Bird-kaartjies beskikbaar – jy kan tot 25% spaar op jou toegang tot die Vroue wat Glo-retreat!
Geldig tot 30 Junie.
Goeie nuus, jy kan jou kaartjie afbetaal – kliek op die AFBETAAL-KAARTJIE (Geldig tot 16 Junie).
Early Bird-kaartjies beskikbaar by Choose Life Church – jy kan tot 25% spaar op jou toegang tot die Vroue wat Glo-retreat!
Geldig tot 30 Junie.
Goeie nuus, jy kan jou kaartjie afbetaal – kliek op die AFBETAAL-KAARTJIE (Geldig tot 16 Junie).
Gratis koffie en tee met aankoms – slegs vir Voelgoed-vriendinne én Grondvlak Voor kaartjies!
Die #GirlsBoot-klub is oop vir gaste wat reeds vyf en méér #Girls-bootreise bygewoon het.
Begin jou dag deur stil te word én jou hart oop te stel met ’n inspirerende sonop-oordenking.
Leer vooraf die #GirlsBoot-dans en wys jou danspassies saam met die ander gaste op die skip.
Die skemerkelkie met die bekendes, Voelgoed Media, borge én kompetisiewenners is ’n hoogtepunt!
Ontmoet die bekendes, sien die #GirlsBoot-dans, kry ’n oorsig oor die bootreis-program, ens met die aanlyn #GirlsBoot-partytjie.

















































HOOFBORG
LIVING NATURALLY – natuurlike, gesonde produkte en aanvullings, kliek op shop.livingnaturally.co.za.
.
Kry ons #GirlsBoot-nuusbrief, met nuus oor 2027 se bootreis op die MSC Armonia, jou gunstelingbekendes, aantrektemas, en méér.
Kliek vir ons Privaatheidsbeleid en gebruiksvoorwaardes
As jy deel is van die Voelgoed-vriendinneklub, vul jou lidmaatskapnommer in om jou kaartjies te koop.
As jy nog nie deel is van die vriendinneklub nie, kliek op Sluit aan!
As jy deel is van die Voelgoed-vriendinneklub, vul jou lidmaatskapnommer in om jou kaartjies te koop.
As jy nog nie deel is van die vriendinneklub nie, kliek op Sluit aan!