Welkom by die éérste #Voelgoed-wegbreek met topkunstenaars, inspirerende sprekers en werkswinkels, asook tema-aande, laataand-kuiers, glans-etes en swembadpret – 3 tot 5 November.
R1 000 deposito per persoon, en jy kan jou wegbreek oor 3 maande (Julie, Augustus en September) afbetaal.
25 vroeëkoper-besprekings word opgradeer na ‘n VIP-ERVARING – met VIP-sitplekke, eksklusiewe produkte, komplimentêre drankies, spa-afslagbewyse, groet-en-ontmoet met bekendes, ens!
Voelgoed Media – die dryfkrag agter die #Girls-bootreis, Fliekaand in pajamas en PassieVol-produksie – stel met opgewondenheid die éérste #Voelgoed-wegbreek bekend.
Jy kan uitsien na voelgoed-ervarings, tema-aande, topkunstenaars, inspirerende sprekers en hope pret, in die pragtige natuurskoon van ATKV-Goudini Spa.
WAT IS ALLES INGESLUIT?
● Selfsorg-akkommodasie in gerieflike woonstelle, rondawels en villas
● Heerlike ontbyt en smaakvolle aandetes in restaurant
● Tema-aande, topklas vermaak en inspirerende praatjies
● Kleingroep-werkswinkels oor skoonheid, welstand, roeping, ens.
● Warmwater-swembaddens, staproetes, buitelug-gimnasium, ens
● Geskenkpak propvol voelgoed-bederf
*Kitskosrestaurant en geriefswinkel op die oord beskikbaar!
“Die lewe gaan nie oor asemhaal nie, maar oor dit wat jou asem wegslaan.”
–Maya Angelou
Die #Voelgoed-wegbreek bied ’n geleentheid vir vroue om die lewe voluit te leef, uitbundig te lag en jouself lief te hê.
Maar dit is ook ’n viering van vriendskap, van alles wat vrouwees besonders maak, en om sáám pret te hê – nooi daarom jou ma, dogter, vriendinne of kollegas saam!
Met jou bespreking kry jy toegang tot méér as dertig Voelgoed-ervarings – neem deel aan wat jóú hart nodig het, dit gaan nie oor presteer nie, maar oor teenwoordig wees.

VENESSA SCHOEMAN
Redakteur, Voelgoed Media

GERJO BEN en RENATA VAN DER MERWE
Kruispad247-bediening

JAK DE PRIESTER

MARCIEL HOPKINS
Media-persoonlikheid

AMORE BEKKER
Radio-persoonlikheid

RUAN JOSH

YOLANDE BRITTNELL-STEYN @sitaandieketel

JESSICA DANIELS
Smaakmaker en motiveringspreker
Jou bespreking sluit gratis toegang in tot die volgende werkswinkels:

09:00 – 09:45
Op soek na ’n gesonder lewe in ’n wêreld vol kitsoplossings
MINETTE VISSER
Holistiese gesondheids- en welstandsafrigter

10:00 – 10:45
Wanneer die lewe vol lyk – maar iets binne jou leeg voel
BENESCKE JANSE VAN RENSBURG
Skrywer, omroeper en spreker

11:00 – 11:45
Die kuns van moeitelose grimering vir ’n glansvoorkoms
MARCIEL HOPKINS
Catrice Cosmetics
Ontspan met ’n jenewer teen sononder – en moenie jou hoed vergeet nie!
Aangebied deur Carmien Tea.
Kuier in jou gunsteling-pajamas met ’n glas wyn en heerlike lekkernye!
Aangebied deur Babylonstoren.
Kom aan die beweeg op die grasperk met ’n energieke oefensessie in die vars oggendlug!
Aangebied deur Marijke Cilliers.
Lag, speel en geniet die son tydens pret-aktiwiteite by die swembad.
Trek jou mooiste swart aan, met ’n tikkie glans – vir ’n sprankelende tema-ete.
Begin jou dag met ’n oordenking en ’n koppie koffie.
Aangebied deur MannaBrew.
’n Beperkte hoeveelheid #LeefLagLief-drasakke is eksklusief beskikbaar vir die Voelgoed-wegbreek!
Die natuurlike materiale, sagte katoen en verfynde tekstuurafwerkings gee nie net ’n elegante voorkoms nie, die katoentou-handvatsels maak dit ook gemaklik om te dra.
Die #LeefLagLief-drasak is sterk, prakties en duursaam, en elke vrou se ideale metgesel, selfs ná die Voelgoed-wegbreek – perfek vir inkopies, koffie-afsprake, naweekwegbreke en vakansiegenot.
Bestel jou drasak saam met jou bespreking teen slegs R129 R149 en ontvang dit met jou aankoms by die Voelgoed-wegbreek!
VROEËKOPER-TARIEF – 1 TOT 30 JUNIE
R1 000 deposito per persoon, en jy kan jou wegbreek ook oor 3 maande (Julie, Augustus en September) afbetaal.
[In elke eenheid is ’n dubbelbed]
● Woonstel (5-slaper) – R3 599 per persoon
R1 000 deposito + R866 afbetaling (gelyke paaiemente) oor 3 maande
● Luukse rondawel (4-slaper) – R3 749 per persoon
R1 000 deposito + R916 afbetaling (gelyke paaiemente) oor 3 maande
● Luukse rondawel (5-slaper) – R3 749 per persoon
R1 000 deposito + R916 afbetaling (gelyke paaiemente) oor 3 maande
● Villa (6-slaper) – R3 899 per persoon
R1 000 deposito + R966 afbetaling (gelyke paaiemente) oor 3 maande
● Luukse villa (6-slaper) – R4 149 per persoon
R1 000 deposito + R1 050 afbetaling (gelyke paaiemente) oor 3 maande
NEEM ASSEBLIEF KENNIS!
Wat besprekings betref, word die betaling per EENHEID gedoen, en NIE per persoon nie.
Vanaf 1 Julie geld die WEGBREEK-tarief, en vanaf 1 September die LAATSLAPER-tarief.
Early Bird-kaartjies beskikbaar – jy kan tot 25% spaar op jou toegang tot die Vroue wat Glo-retreat!
Geldig tot 30 Junie.
Goeie nuus, jy kan jou kaartjie afbetaal – kliek op die AFBETAAL-KAARTJIE (Geldig tot 16 Junie).
Early Bird-kaartjies beskikbaar by Choose Life Church – jy kan tot 25% spaar op jou toegang tot die Vroue wat Glo-retreat!
Geldig tot 30 Junie.
Goeie nuus, jy kan jou kaartjie afbetaal – kliek op die AFBETAAL-KAARTJIE (Geldig tot 16 Junie).
Gratis koffie en tee met aankoms – slegs vir Voelgoed-vriendinne én Grondvlak Voor kaartjies!
● Woonstel (5-slaper) – R3 599 per persoon
R1 000 deposito + R866 afbetaling (gelyke paaiemente) oor 3 maande
[In elke eenheid is ’n dubbelbed]
NEEM ASSEBLIEF KENNIS!
Wat besprekings betref, word die betaling per EENHEID gedoen, en NIE per persoon nie.
● Luukse rondawel (4-slaper) – R3 749 per persoon
R1 000 deposito + R916 afbetaling (gelyke paaiemente) oor 3 maande
[In elke eenheid is ’n dubbelbed]
NEEM ASSEBLIEF KENNIS!
Wat besprekings betref, word die betaling per EENHEID betaal, en NIE per persoon nie.
● Luukse rondawel (5-slaper) – R3 749 per persoon
R1 000 deposito + R916 afbetaling (gelyke paaiemente) oor 3 maande
[In elke eenheid is ’n dubbelbed]
NEEM ASSEBLIEF KENNIS!
Wat besprekings betref, word die betaling per EENHEID gedoen, en NIE per persoon nie.
● Villa (6-slaper) – R3 899 per persoon
R1 000 deposito + R966 afbetaling (gelyke paaiemente) oor 3 maande
[In elke eenheid is ’n dubbelbed]
NEEM ASSEBLIEF KENNIS!
Wat besprekings betref, word die betaling per EENHEID gedoen, en NIE per persoon nie.
● Luukse villa (6-slaper) – R4 149 per persoon
R1 000 deposito + R1 050 afbetaling (gelyke paaiemente) oor 3 maande
[In elke eenheid is ’n dubbelbed]
NEEM ASSEBLIEF KENNIS!
Wat besprekings betref, word die betaling per EENHEID gedoen, en NIE per persoon nie.
Vroue wat Glo – Regte vroue Regte geloof, kliek op vrouewatglo.co.za.
VROEËKOPER-tarief – 1 Junie tot 31 Julie
WEGBREEK-tarief – Augustus
LAATSLAPER-tarief – September
Om jóú besprekingsgeld terug
te wen, koop die Nuwe jy-tydskrif
– kliek hier.
Kliek vir ons Privaatheidsbeleid en gebruiksvoorwaardes
As jy deel is van die Voelgoed-vriendinneklub, vul jou lidmaatskapnommer in om jou kaartjies te koop.
As jy nog nie deel is van die vriendinneklub nie, kliek op Sluit aan!
As jy deel is van die Voelgoed-vriendinneklub, vul jou lidmaatskapnommer in om jou kaartjies te koop.
As jy nog nie deel is van die vriendinneklub nie, kliek op Sluit aan!