Saam met Liesel Krause-Wiid, Susan Coetzer, Hykie Berg, Karien Basson, Wanda Bam en ander geloofsvroue kan jy en jou selgroep, gemeente- en geloofsvriendinne aanbid, lofprys en ’n dieper geloof ervaar om ’n vry, vrolike Christenvrou vol blydskap te wees.
Met trots geborg deur Geopende deure.
Die Vroue wat Glo-retreat word op Saterdag 3 Augustus by Lewende Woord Brummeria in Pretoria, en op Saterdag 17 Augustus by NG Kerk Vredelust in Bellville aangebied.
Gaste kan ook uitsien na ’n geleentheid waartydens almal die Here kan loof en aanbid deur musiek, die gaskunstenaars en aanbiddingsleiers is Stella (Pretoria) en Rouchelle Liedemann (Bellville).
Topklassprekers waarna jy kan uitsien, is Liesel Krause-Wiid, Susan Coetzer, Hykie Berg, Benescke Janse van Rensburg en Karien Basson.
Vroue wat Glo-retreat
Dit is maklik om vrolik te wees wanneer alles in jou lewe glad verloop.
Tog, Christenwees beteken dat jy ook gelukkig moet wees selfs wanneer omstandighede teen jou draai.
Ja, ons is hartseer oor die toestand waarin die wêreld verkeer. En soms rou ons oor ’n verlies.
#VrolikEnBly herinner ons daaraan dat die seer en probleme van die wêreld nie vergelyk kan word met die vreugde daarvan om Christus te ken nie.
Maak nie saak wát nie, ons moet bly wees oor die feit dat Christus ons vrygemaak het!
Ons mag daarom nooit ons geloof en vertroue in God verloor nie, Hy sal sy hand oor ons hou sodat alles uiteindelik tot ons beswil gebeur.
Om die waarheid te sê, Christene behoort die gelukkigste van almal te wees – nie moedeloos, angstig of ongelukkig nie!

Christene behoort die gelukkigste van almal te wees – nie moedeloos, angstig of ongelukkig nie – temas om na uit te sien:
Teken dié datums aan!
Lewende Woord Brummeria, Pretoria
08:00 vir 09:00–13:00
NG Kerk Vredelust, Bellville
08:00 vir 09:00–13:00
Sprekers om na uit te sien!
Susan Coetzer is bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Haar eerste roman, Oros vir die siel, was ’n blitsverkoper. Die afgelope paar jaar maak sy naam deur voor meestal vrouegehore op te tree en lekkerlees fiksie en niefiksie te skryf. Sy is ook dikwels op die verhoog en TV te sien.
Liesel Krause-Wiid is ’n vrou van vele talente. As predikant slaag sy daarin om deur haar werk mense nader aan mekaar en God te bring. Sy is ’n gewilde spreker, sakevrou en ook die skrywer van verskeie topverkoperboeke. Sy is passievol oor welsynswerk en preek graag oor die liefde.
Hykie Berg is ’n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is veral bekend vir die rol van Conrad Bester in die kykNET-sepie, Binnelanders. Hy is ’n gewilde spreker, entrepreneur en ook die skrywer van verskeie topverkoperboeke. Sy passie in die lewe is om ander te inspireer en te ondersteun in hul reis na persoonlike en professionele sukses.
Ons gaskunstenaar en aanbiddingsleier is die bekende gospel-sangeres Stella, en gaste kan ook uitsien na ’n geleentheid waartydens almal die Here kan loof en aanbid deur musiek.
Die gasvrou is Heidemarie Kasselman van Lewende Woord Hoofgemeente, wat ook verantwoordelik is vir die Vroue wat glo-retreat se stilword en gebed.
Wanda Bam is al 22 jaar in die radiobedryf, en tans die stasiebestuurder vir Radio Kaapse Kansel. Sy is ’n openbare spreker en het as kunstenaar in lande soos België, Frankryk, Engeland en Israel bedien. Wanda is ook ’n gepubliseerde skrywer van drie boeke en die mede-skrywer van 16 publikasies.
Benescke Janse van Rensburg is ’n omroeper by Tygerberg 104FM in die Kaapse Skiereiland. Sy het reeds ses boeke agter haar naam, en op haar Facebook-bladsy, Stories van Hoop, deel sy gereeld inspirerende stories. Benescke se passie is om God se Woord en beloftes op ’n kreatiewe, relevante manier te deel.
Karien Basson is ’n skakelpraktisyn, radiopersoonlikheid én eienaar van First Media and Events. Sy is ook ’n bekende skrywer, onder meer van die trefferboek God in sport. As redakteur van Voelgoed Media se Vroue wat Glo-bediening wil sy vroue die toerusting gee om hulle geloof te verdiep.
Ons gaskunstenaar en aanbiddingsleier is die bekende gospel-sangeres Rouchelle Liedemann, en gaste kan ook uitsien na ’n geleentheid waartydens almal die Here kan loof en aanbid deur musiek.
Die gasvrou is Renata van der Merwe van die Kruispad-bediening, wat ook verantwoordelik is vir die Vroue wat Glo-retreat se stilword en gebed.
As jy nie die funksie in persoon kan bywoon nie, kan jy registreer om toegang tot die video- en oudio-opnames te kry om op jou eie tyd te kyk of te luister.
Koop jou kaartjie vir die Vroue wat Glo-retreat!
Early Bird-kaartjies
Dankie aan ons borge en vennote!