Voelgoed Media en Drop of Eden bied aan!

#GIRLS-BOOTREIS 2026

Die #Girls-bootreis word sestien en gaan die groooootste naweekwegbreek nóg vir vriendinne, susters, kollegas, ma’s en dogters wees!
Vrydag 13 Februarie tot Maandag 16 Februarie 2026

Die #Girls-bootreis 2026 word met trots aan jou gebring deur DROP OF EDEN, in samewerking met A.VOGEL en FRANCK GLOBAL.

Jou gunstelingbekendes vaar saam!

Kuier saam met jou gunstelingbekendes, word geïnspireer deur Lynette Beer, Gretha Wiid en Farren Cloete, én word vermaak deur Willem Botha, Mel die Storieverteller én Bobby van Jaarsveld.

Lynette Beer

LYNETTE
BEER

Leer hoe jou temperament jou eetstyl beïnvloed en waarom jy eet soos jy eet

Gretha Wiid

GRETHA
WIID

Ontdek jou eiewaarde om met selfvertroue jou plek in die wêreld in te neem

Willem Botha

WILLEM
BOTHA

Word bederf met ’n grimeermeesterklas om op jou mooiste te wees

MEL DIE STORIEVERTELLER

Stories om jou te laat skaterlag terwyl dit ook jou hart en emosies aanraak

BOBBY VAN JAARSVELD

Musiek wat jou voete gaan laat jeuk – jy sal nie in staat wees om stil te sit nie

FARREN CLOETE

FARREN
CLOETE

Haar energie sal seker maak daar is geen saai oomblik nie

Waarom jy nie hierdie bootreis mag misloop nie!

Voelgoed Media se sestiende #Girls-bootreis aan boord van die MSC Opera gaan ’n onvergeetlike wegbreek wees – ’n bootreis soos géén ander nie, wat nog vir jare lank onthou sal word!

Jy kan uitsien na ’n luukse kajuit, etes in vyfster-restaurante, swembaddens, jacuzzi’s, teaterproduksies, temapartytjies, kuier saam met bekendes, topklasvertonings en praatjies, ’n eilandbesoek, en méér …

Die 2026 #Girls-bootreis tema is “Koningin van die Oerwoud!”

Elke vrou het ’n koningin in haar – sterk, onbevange, elegant en pragtig!
Dié tema laat jou ook dink aan ’n welige oerwoud, eksotiese diere en ryk kleure gekombineer met die grasie van koninklikheid en vurige vroulikheid.

Bring jou beste vriendin, suster, ma, dogter, kollega of enige ander spesiale vrou in jou lewe saam vir ’n naweek vol genot, ontspanning, om vrouwees en vriendskap te vier, te lag en pret te hê.

Wat is alles ingesluit?

Die #GIRLS-bootreis aan boord van die MSC Opera is ’n luukse wegbreek om vrouwees en vriendskappe met hartsmense in styl te vier!

Luukse kajuite, wat elke dag skoongemaak word

Alle etes in vyfster-restaurante óf by die buffet

Ontspanning, swembaddens, jacuzzi’s, gimnasium, spa en méér

Vermaak wat temapartytjies en teatervertonings insluit

Eilandpret by die Portugese eiland (as die weer dit toelaat)

Lynette Beer, Gretha Wiid, Farren Cloete, Willem Botha, Mel die Storieverteller én Bobby van Jaarsveld se vertonings en praatjies

WEN ’n DUBBELKAJUIT vir die #GIRLS-BOOTREIS

Koop ’n lootjie vóór Saterdag 31 Augustus vir die #Girls-bootreis-kompetisie– en WEN ’n dubbelkajuit vir jou én ’n vriendin, vliegkaartjies na Durban ingesluit, ter waarde van R30 000!

Spesiale Paastyd-aanbod!

Om ’n bootreis eksklusief vir GIRLS aan te bied, moet ons die MSC Opera se kajuite so gou moontlik uitverkoop!
Moet daarom nie wag nie, bespreek vroegtydig – onthou, kajuite word duurder soos wat MSC sélf ook die 13 tot 16 Februarie-bootreis verkoop.

Slegs R3 000 deposito verseker jou kajuit!

Vanaf R4 989 pp*

*MSC pas pryse aan soos wat kajuite verkoop

Jy kan SPAAR indien jy NOU bespreek – ’n deposito van R3 000 verseker jou kajuit!

Neem jou #Girls-bootreis na die volgende vlak!

Jy kan uitsien na ’n luukse kajuit, etes in vyfster-restaurante, swembaddens, jacuzzi’s, teaterproduksies, temapartytjies, kuier saam met bekendes, topklasvertonings en praatjies, ’n eilandbesoek, en méér …

PLUS! PLUS! PLUS!

#GirlsBoot-klub

Die eksklusiewe #GirlsBoot-klub is oop vir gaste wat reeds vyf en méér #Girls-bootreise bygewoon het.
Dié klub word tydens 2026 se bootreis tydens die VIP-skemerkelkie bekendgestel.

#GirlsBoot-dans

Leer vooraf die eksklusiewe #GirlsBoot-dans en wys jou danspassies saam met die ander gaste op die skip.
Die vroue wat die beste dans, kry die kans om tydens die bootrit saam met Willem Botha te oefen, en dan vóór die teatervertoning op die verhoog te dans.

Foto-skattejag

Neem deel aan ’n foto-skattejag waar jy spesifieke dinge moet afneem, soos ’n foto saam met jou gunstelingbekende, jy en jou vriendinne in julle tema-uitrustings, saam met ’n MSC Opera-bemanningslid, en die sonsondergang …
Dit is ’n prettige manier om die MSC Opera te verken én groot pryse te wen!

VIP-skemerkelkie

Die VIP-skemerkelkie met die bekendes, Voelgoed Media-span, borge, #GirlsBoot-klublede én al die kompetisiewenners is ’n hoogtepunt!
Ons spesiale fotohokkie is ’n wonderlike manier om blywende herinneringe van die bootreis huis toe te neem.

Sonop-pilates en oordenking

Begin jou dag met ’n begeleide pilates-sessie op die dek tydens sonsopkoms, asook ’n oordenking saam met Lynette Beer en Farren Cloete om jou dag met stilword, gebed en God te begin.

Aanlyn partytjie

Maak op ’n energieke noot gereed vir jou onvergeetlike wegbreek deur in te skakel vir ons aanlyn #GirlsBoot-partytjie één maand voor vertrek – ontmoet die bekendes, wees eerste om die #GirlsBoot-dans te sien, kry ’n oorsig oor die bootreis-program en méér.

0
SKIP
aan boord van die
MSC Opera
0
BEKENDES
Lynette Beer, Gretha Wiid, Willem Botha, Mel die Storieverteller, Bobby van Jaarsveld, Farren Cloete
0
de
#GIRLS-BOOTREIS
én die groooootste
nog!
0
+
GIRLS
op die beste naweekwegbreek
ooit!

Vier verskillende aantrektemas!

As koningin van die oerwoud kan jy kreatief wees met uitdagende, natuurlike motiewe wat die wilde, kragtige essensie van die natuur oproep.
Trek volgens die temas aan – daar is ongelooflike pryse vir die vroue met die treffendste uitrustings, asook ’n VIP-skemerkelkie met jou gunstelingbekendes!
1
Aankoms en Wegvaar – Groen Godin
Groen, ’n blaarmotief óf selfs regte blare
2
Pajama-partytjie – Reënwoudprinses
Tropiese blomme, soos ’n orgidee of hibiskus, of palmblare
3
Dek-partytjie – Wilde Wildtuin
’n Dieremotief, soos ’n leeu, luiperd of sebra
4
Teatervertoning – Jou Geesdier
Om die dier wat jou gees verteenwoordig, uit te beeld

#GIRLS-bootreis 2025 hoogtepunte

Previous slide
Next slide

Die #Girls-bootreis word met trots aan jou gebring deur Drop of Eden, in samewerking met A.Vogel en Franck Global.

Teken in op #VoelgoedReisklub se nuusbrief

Om op hoogte te bly van die #GIRLS-bootreis en ander reise, teken in op die maandelikse nuusbrief.

Scroll to Top