Voelgoed Media en Everest Advisory Services bied aan!
Sluit by ons mans- en vroue-gholfdag aan vir ’n dag vol pret, vars lug en fantastiese gholf by die Centurion Country Club! Hierdie is die perfekte kans om te netwerk, te ontspan en ’n paar balle te slaan – ten bate van Helpende Hand.
Vrydag 20 Junie
Die Voelgoed–gholfdag word met trots aan jou gebring deur EVEREST ADVISORY SERVICES.
Mans én vroue word uitgenooi om bande te smee met kliënte, ander besighede en sakemense – én ook saam met bekendes soos Pieter Koen, Angelique Gerber, Deon Groot en Mia Slabbert te speel.
Goeiemôre ontbytprogram-aanbieder
Aktrise en aanbieder
Sanger
Sakevrou en TV-aanbieder
Die Voelgoed-gholfdag word op Vrydag 20 Junie by Centurion Country Club in Pretoria gehou.
Die dag se spel sal die formaat van ’n tweebal-beterbal aanneem, met ’n skootklap-afslaan om 11:00.
Groot pryse is op die spel!Die Voelgoed-gholfdag spog ook met groot pryse om spelers te beloon – beste mans-vierbal, beste vroue-vierbal, kleurvolste span, naaste aan die pen, verste dryfhou en méér.
Lootjies ten bate van Helpende HandLootjies word by die 18de gaatjie verkoop deur die loop van die dag. Gelukkige trekkings sal by die prysuitdeling plaasvind. Alle geld wat ingesamel word, én ook die opbrengs van die veiling, word geskenk aan Helpende Hand.
’n Mobi-G-gholfkarretjie (R220 000) is op die spel vir die gholfspeler wat ’n kolhou slaan!
Mobi-G is dié gholfkar – herontwerp met verskeie nuwe funksies én praktiese oplossings vir elke gholfspeler se behoeftes.
Om duursaamheid te verseker, is elke Mobi-G gebou met ’n veselglasromp, gegalvaniseerde onderstel en vlekvrye staalafwerkings.
Die inskrywingsfooi beloop R3 000 R4 000 (vierbal) en R1 500 R2 000 (tweebal) en sluit gholfkarretjies, gholfpette, halfweghuis, prysuitdeling en vermaak in.
Speelfooi, kompetisies, ens
Voelgoed-gholfdag gholfpet
Golfkarretjies
Ete by die halfweghuis
Prysuitdeling, ete en veiling
Vermaak deur Deon Groot
Centurion Country Club
Skootklap-afslaan 11:00
Tweebal-beterbal
R4 000 per vierbal
Stel jy belang om ʼn gaatjieborg by die Voelgoed–gholfdag te wees?
Borg ’n gaatjie én staan die kans om 1 van 3 advertensie–pakkette (ter waarde van R20 000 elk) vir Voelgoed Media se platforms te wen!
● Spoggaatjie R3 000 – Stalletjie wat jou besigheid bemark
● Natgaatjie R2 000 – Iets vir die spelers om te drink (alkoholies/alkoholvry) – UITVERKOOP!
● Hapgaatjie R2 000 – Iets vir die spelers om te eet
Ander borgopsies is ook beskikbaar – kliek hier.● Beste mans-tweebal (2 items)● Beste vroue-tweebal (2 items)● Kleurvolste mans-vierbal (4 items)● Kleurvolste vroue-vierbal (4 items)● Naaste aan die pen● Verste dryfhou● Promosie-items vir spelers (128 items)
Die Voelgoed-gholfdag word met trots aan jou gebring deur EVEREST ADVISORY SERVICES.