Elke tweede Woensdag om 20:00 regstreeks op die Voelgoed-webblad, Facebook LIVE en YouTube
MÉÉR OOR
VOELGOED LIVE
Die aanlyn TV-program Voelgoed LIVE word elke tweede Woensdag om 20:00 op die Voelgoed-webblad, Facebook LIVE en YouTube uitgesaai.
Die aanbieder is Venessa Schoeman, handelsmerkdirekteur van Voelgoed Media.
In elke episode kan jy uitsien na ‘n spesiale gas, gesels met inspirerende mense, raad oor hoe om probleme te oorkom, wenke vir ‘n mooier voorkoms, en méér …
Jy wil ook nie ons gereelde insetsels misloop nie … JOU GELOOF deur Liesel Krause-Wiid en JOU VERHOUDINGS deur die verhoudingskenner Lynette Beer.
Voelgoed LIVE word met trots geborg deur Cosmetic SA.
Om op die hoogte te bly met die programskedule, sluit jou aan by Voelgoed LIVE se Facebook-groep.
Venessa se spesiale gas is die TV-aanbieder en motiveringspreker, Marciel Hopkins, ons gesels met Ina Wilken-Jonker, die Besigheidsvrou, Lynette Beer praat oor Lief vir jouself sodat jy ander kan LIEFHÊ
Die meeste vroue het min tyd en ’n besige program. Terwyl jy die kinders rondry, oefen, kosmaak of inkopies doen, kan jy steeds na Voelgoed LIVE luister.