Jy verdien om jou beste lewe te lei en daarom stel ons jou graag voor aan die Voelgoed-vriendinneklub – die nommer één plek om goed te voel!
BEGINDATUM 1 FEBRUARIE
● Word ’n Voelgoed-vriendin en kry eksklusiewe inhoud, afslag-kaartjies, VIP-toegang, gratis kursusse, gratis e-boeke, afslagbewyse én meer ter waarde van R5 000 per jaar!
● Lidmaatskap bied jou ook unieke lede-voordele van Voelgoed-vennote in verskillende kategorieë soos gesondheid, skoonheid en finansies.
● Bly op hoogte met ons maandelikse #EkVoelGoed-nuusbrief met opwindende nuus én nuttige inligting oor alles wat jy as Voelgoed-vriendin wil én moet weet.
Onbeperkte toegang tot
Voelgoed-webblad se eksklusiewe stories, video’s, oudio’s en méér.
Eksklusiewe toegang tot Lynette Beer, Liesel Krause-Wiid, Gretha Wiid, Serahni Symington en ander se mentorklasse – om te lees (artikel), te kyk (video) of te luister (oudio).
Groot besparings op kaartjies én VIP-toegang vir Voelgoed-events se funksies, werkswinkels, vertonings en méér – gebruik jou lidmaatskapnommer wanneer jy betaal en spaar op die kaartjieprys.
Gratis, onbeperkte toegang tot die aanlyn leerplatform Voelgoed-Leer se e-kursusse, insluitend video- en oudio-kursusse, aangebied deur kundiges soos Gustav Gous, Lynette Beer en Jannie Putter.
Gratis e-boeke van die aanlyn winkel Voelgoedwinkel, geskryf deur bekende skrywers – wat maandeliks per e-pos aan jou gestuur word.
Afslagbewyse elke maand wat jou bederf en inspireer om e-boeke, oudioboeke en Voelgoed-produkte te koop by die aanlyn winkel Voelgoedwinkel.
Unieke lede-voordele van Voelgoed-vennote wat jy nêrens anders kan kry nie, in verskillende kategorieë soos gesondheid, skoonheid, finansies én meer.
#EkVoelGoed-nuusbrief met alles wat jy as vriendin wil én moet weet – Voelgoed-vriendin van die maand, groot pryse om te wen, en méér.
Word deel van ’n eksklusiewe, geslote gemeenskap op Facebook van eendersdenkende vroue, sodat jy nooit alleen hoef te voel nie.
“Word ’n Voelgoed-vriendin, met alles én nog meer as wat jy van Voelgoed verwag – eksklusiewe inhoud, afslag-kaartjies, gratis e-boeke, unieke lede-voordele, ’n maandelikse nuusbrief én meer.
En ’n belofte om jou te laat goed voel!”
Venessa Schoeman, redakteur Voelgoed
“Ons wil hê jy moet weet … die wêreld is ’n beter plek met jou daarin!
Kry daarom as vrou, ma, kollega en vriendin nét die inspirasie, leiding en ondersteuning wat jy nodig het, sodat jy in staat is om jou beste lewe te lei.
Soms is die lewe moeilik en uitdagend, as Voelgoed-vriendin kry jy ook die unieke geleentheid om deel te word van ’n eksklusiewe gemeenskap van eendersdenkende vroue sodat jy nooit alleen hoef te voel nie.
Wat ʼn voorreg om die ambassadeur te wees van dié ongelooflike vroueklub. Graag nooi ek jou om meer as ’n volgeling te word – word ’n Voelgoed-vriendin!”
Mandi Baard, ambassadeur Voelgoed-vriendinneklub
Sluit by die Voelgoed-vriendinneklub aan vóór 30 April 2025 – én staan die kans om ’n #GIRLS-bootreis 2026 te WEN!
Unieke lede-voordele van Voelgoed-vennote wat jy nêrens anders kan kry nie, in verskillende kategorieë soos gesondheid, skoonheid, finansies én meer.
Waarvoor wag jy?
Sluit aan by die Voelgoed-vriendinneklub – om goed te voel oor jouself en jou geloof, jou huwelik en ouerskap, selfs jou werk en geld, én ook jou gesondheid en skoonheid!
Eksklusiewe inhoud, afslag-kaartjies, gratis e-boeke, afslagbewyse, unieke lede-voordele, ’n maandelikse nuusbrief én meer ter waarde van R5 000 per jaar.
Lidmaatskap wat maandeliks per debietorder betaal word, moet vir ten minste 12 maande volgehou word – na hierdie periode moet drie maande kennis gegee word van kansellasie. Indien jy kanselleer vóór die 12 maande verstryk, word ’n kansellasiefooi van R100 gehef in die lig van die lidmaatskapvoordele wat jy geniet het.
Sluit enige tyd vóór die begindatum van 1 Februarie aan, die lidmaatskapfooi (maandeliks óf jaarliks) word eers in Februarie 2025 verhaal.