<< Swipe om Priscilla se transformasie te sien >>
Wat Sê Ons Vorige Deelnemers?
Wat Maak Die 60 Dae Uitdaging Uniek?
Verloor gewig …
Die eetplan is ’n langtermynplan wat jou die beginsels van gesonde eetgewoontes leer sodat jy nooit weer oorgewig hoef te wees nie. Kry by dieetkundiges die beste, praktiese maerword-wenke én leer hoe om ingeligte keuses te maak terwyl jy jou leefstyl aanpas en gesonder leef.
Gesondheidskenners en lewensafrigters help jou om nuwe eetgewoontes aan te leer, vriende te maak met die spieël en fantasties te voel! Kry ’n oefenplan wat spiere bou en vet verbrand. Die maklike oefeninge in die oefenvideo’s kan enige tyd, enige plek gedoen word.
’n Sielkundige help jou om núút te dink en gewoontes te verander wat moontlik bydra tot jou gewigsprobleem. Leer ook om anders te dink oor jouself en die lewe, en ontdek die geloofskrag wat jy nodig het om nuut te begin.
Hoe Werk Die 60 Dae Uitdaging?
This text briefly introduces visitors to your main services.
uitgewerkte Eetplan
Die dieetkundige Amanda Kuit het ’n eetplan uitgewerk wat vir elke vrou kan werk. Kies elke dag kossoorte uit die voedselkeuselys om verskeidenheid in te werk.
Maerword-wenke
Lees elke weeksdag dieetkundiges se beste, praktiese dieetwenke én hoe om ingeligte keuses te maak terwyl jy jou leefstyl aanpas.
Nuwe Eetgewoontes
is jy vasgevang in ‘n eindelose siklus van ooreet, kitsdiëte en obsessiewe gedagtes oor kos? Leer by kenners oor voeding en hoe om gesonde eetgewoontes te kweek.
Voel Fantasties
Kenners, lewensafrigters en motiveringsprekers se motivering twee keer per week help jou om die regte besluite te neem om gesond te leef.
Verbrand vet–oefenvideo’s
Kry die fiksheidskenner Marijke Cilliers se verskillende oefenplanne met oefeninge wat vet verbrand. Dié maklike oefeninge in elke oefenvideo is sowat 15 minute lank.
Dink núút
Die sielkundige Catherine van Heerden se Dink jouself dun-video elke Maandag help jou om die bagasie af te gooi wat moontlik bydra tot jou gewigsprobleem.
Kry geloofskrag
Liesel Krause-Wiid, bekende predikant, lei jou om jou geloof te verdiep, hoop te vind en die wilskrag te kry wat jy nodig het om nuut te begin.
Facebook– groep
Word deel van ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep. En skakel weekliks in vir inspirerende Facebook Live-sessies, aangebied deur kenners!
Die Begin Van 'n Nuwe Jy, Begin Hier...
Skryf alleen in vir die 60 Dae Uitdaging, of skryf in vir jou en ‘n vriendin.
Die 60 Dae Uitdaging begin amptelik op 1 Februarie 2025
1 Persoon
(Kry toegang vir 1 peroon)-
Toegang tot die 60 Dae Uitdaging
-
Uitgewerkte Eetplan
-
Maerword-wenke
-
Verbrand Vet–Oefenvideo’s
-
Facebook–groep
-
Leer Nuwe Eetgewoontes
-
Kry Geloofskrag
Jy + 'n Vriendin
(Kry toegang vir 2 persone)-
Toegang tot die 60 Dae Uitdaging
-
Uitgewerkte Eetplan
-
Maerword-wenke
-
Verbrand Vet–Oefenvideo’s
-
Facebook–groep
-
Leer Nuwe Eetgewoontes
-
Kry Geloofskrag
FAQ
Die 60 Dae Uitdaging begin amptelik op 1 Februarie 2025
Wat behels die 60 dae-uitdaging?
Dit is ’n aanlynselfverbeteringsprogram, waar elke deelnemer ’n gesonde, gebalanseerde eetplan kry vir gewigsverlies. Daarby het elke deelnemer ook toegang tot ’n oefenprogram, dieetwenke en motiveringsvideo’s op haar profiel op Voelgoed-Leer.co.za. Daar is ook ’n eksklusiewe Facebook-groep waarby vroue kan aansluit om vrae te vra en mekaar te motiveer. Elke Donderdag gesels ‘n kenner lewendig op die groep.
Watter eetplan word voorgeskryf op die 60 dae-uitdaging?
Die eetplan(ne) is deur gekwalifiseerde dieetkundiges ontwikkel spesifiek vir vroue na aanleiding van die hoeveelheid gewig wat verloor moet word. Dit is ’n gesonde gebalanseerde eetplan met 3 etes per dag. Vroue leer hoe om porsiegrootte toe te pas deurdat hulle kosse uit die koskeuselys kan kies en afweeg of afmeet. Die kos is alledaagse voedselsoorte wat deur die hele gesin geëet kan word.
Is die 60 dae-eetplan geskik vir almal?
Die 60 dae-eetplan(ne) is spesifiek vir VROUE ontwikkel wat gewig wil verloor en wat nie spesifieke gesondheidskwale het nie. Dis nie geskik vir mans of kinders nie, hoewel die soort kosse deur mans en kinders geëet kan word, maar die porsiegroottes is spesifiek vir vroue geformuleer. Dis ook nie geskik vir vroue met verhoogde energiebehoeftes nie, soos swanger en borsvoedende vroue of vroue wat aan hoë intensiteit sport deelneem of wat aan kompeterende sport deelneem nie. Vroue met spesifieke gesondheidsprobleme soos byvoorbeeld voedselallergieë, kanker, artritis, nierkwale, lewerkwale, ens, moet ‘n dieetkundige raadpleeg voor hulle die 60 dae-uitdaging eetplan volg.
Wie mag deel wees van die geslote Facebook-groep?
Slegs diegene wat ingeskryf en betaal het om aan die 60 dae-uitdaging deel te neem.
Wat behels die Nuwe Jy-program?
“Die Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram fokus op holistiese gesondheid, gewigsverlies, persoonlike groei en selfvertroue. Almal wat goeie vordering gemaak het tydens die 60 dae-uitdaging, kan inskryf vir die Nuwe Jy-program. Twintig vroue word genooi na ’n aanlyn onderhoud en tien word gekies om intensief aan die werk te spring. Daar is ook ’n kompetisie-element waartydens 4 vroue uitgestem word tydens die Nuwe Jy-program om uiteindelik ’n finale top-6 aan te wys. Al 10 vroue kom egter in aanmerking vir die Nuwe Jy-leserskeusetoekenning en word genooi na die Nuwe Jy-fees in Oktober. Die produkte en dienste wat gebied word tydens die program is onder meer: Slender Wonder se produkte en eetplan; Velsorg-produkte; ’n Besoek aan I Love My Smile, vir skitterwit tande; Twee sessies met die sielkundige Catherine van Heerden. Al die bogenoemde is gratis vir die 10 deelnemers. “