Die 60 Dae Uitdaging Begin Amptelik 1 Februarie 2025

60 Dae Uitdaging 2025

Hierdie kan jy wees...

Dit begin alles by die 60 dae uitdaging

<< Swipe om Priscilla se transformasie te sien >>

Wat Sê Ons Vorige Deelnemers?

"Die 60 dae-uitdaging het my geïnspireer. Dit was lekker om dit saam met vriendinne te doen en mekaar te motiveer. Kry beslis vir jou iemand om dit saam mee te doen. Dit help dat jy volhou en nie sommer tou opgooi nie. Om na die verskillende Facebook live sessies te kon luister, het ons ook goed ingelig gehou en gehelp met my persoonlike groei. Ons kon wat ons geleer het met mekaar deel en elkeen het iets anders daaruit geleer. Die 60 dae-uitdaging is ’n moet en die eerste stap in die regte rigting vir ’n nuwe jy."
NUWE JY NUWE JY PROGRAM 60 DAE UITDAGING
PRISCILLA BEZUIDENHOUT
“Ek het op 1 Januarie 2024 aan die Parkrun deelgeneem en myself belowe dat ek nooit weer aan die begin van die jaar só sou lyk of voel nie. My mikpunt was om 1 kg per maand te verloor, maar ek het motivering gekort. Ek lees toe van die 60 dae-uitdaging en skryf daarvoor in. Dit het glad nie soos ’n dieet gevoel nie, maar net ’n paar maklike lewensveranderinge! Die ander vroue op die groep, asook die motiverings-praatjies op Facebook, het my op koers gehou. Hoewel ek net 3 kg verloor het, was dit die begin van nuwe koskeuses en geestelike en liggaamsgesondheid. Dit het my gemotiveer om my vir Nuwe Jy in te skryf en het ek die top 8 gehaal! Die 60 dae-uitdaging is beslis die plek om te begin as jy hierdie jaar jou beste jaar nog wil maak!”
Connie-Fraser
CONNIE FRASER
“Ek het die 60 dae-uitdaging met albei arms aangegryp en op 89 kg begin! Ek het die program tot op die letter gevolg. Ek kon dit by my gesin se etes inpas, en soms het hulle hul kos gelos en van myne geëet! Dit verg beplanning, maar dit is doenbaar en maklik om te hanteer en vol te hou! Dit wat jy mag eet en drink, kos jou ook nie ’n arm en ’n been nie en kon saam met die maandelikse kruideniers gekoop word. Ek het vir my ’n 7 dae-program uitgewerk, veral as ek geweet het ons het iets aan. My gesonde “wegneem-ete” het altyd saamgekom. Ek het ook voor en ná die tyd foto’s geneem en kon ’n groot verskil sien, en het beter oor myself begin voel. Ek het 9 kg verloor, en gaan dit NOOIT weer vind nie. Dankie, Voelgoed.”
Suzette-Bekker
SUZETTE BEKKER
“Die 60 dae-uitdaging was die begin van ’n nuwe ek waar ek 4 kg verloor het. Die program se ondersteuning en motivering gee ’n mens uithouvermoë om ’n beter jy te wees. Met die eetplan kon ek nog eet waarvan ek hou. Jy word geleer oor porsiegroottes wat ’n groot verskil maak. Om gewig af te skud moet jy geestelik reg wees en dan kom die res. Die 60 dae-uitdaging het my siel, gedagtes en buitekant verander en gesond gemaak. Ek hoop ek kan ander vroue motiveer. Al doen jy dit drie keer, moet nooit moed verloor nie. Ek sal altyd dankbaar wees vir die tweede kans. Ek is ’n nuwe mens en beter vrou en ma.”
Petro-Du-Preez
PETRO DU PREEZ
“Die enigste manier hoe ek die 60 dae-uitdaging kan beskryf, is wow en lewensveranderend. Dit is beslis iets wat elke vrou moet doen. Ek was verlede jaar moedeloos oor my gewig. Dis toe dat ek afkom op Mandi Baard se video op Facebook waar sy oor die 60 dae-uitdaging gesels. Ek glo dit was die Here wat vir my ’n oplossing kom gee het! Daar en dan het ek my ingeskryf en wat ’n reis was dit nie! Die motivering, inspirasie en alles wat ek tydens die 60 dae geleer het, het my lewe verander. Dit het my meer positief gemaak en natuurlik my verhouding met die Here versterk. Ek beveel dit vir elke vrou aan. Verskonings verbrand nie vet nie, maar keuses doen. Verskonings verander nie jou lewe nie, maar die regte keuses doen. As jy gewig wil verloor of net jou lewe wil verander, doen die 60 dae-uitdaging. Dankie, Voelgoed, dat julle lewens verander. ”
Annatjie-Dreyer
Annatjie
“Ek het juis voor die Desember-vakansie in 2023 ingeskryf vir die 60 dae-uitdaging sodat ek my kop kon regkry, en hopelik nie te lekker kuier en eet in Mosambiek nie. Ons het voor die aanvangsdatum die nodige inligting gekry om voor te berei. Dit was great, want ’n mens moet aankope doen, porsies uitwerk en ook deur die plan werk. Al die reëls, inligting en plan is baie deeglik uiteengesit. Dit is maklik om te volg. Maar jy moet jou kos weeg, om porsiegroottes beter te verstaan. Dit werk vir my baie makliker as om kilojoules te tel. Die verskeidenheid koskeuses is ook wonderlik. Die belangrikste is om die besluit vir jouself te maak. Jou “hoekom” moet duidelik wees en dan moet jy net die plan volg. Ek het 5,1 kg verloor. Vir my liggaam, wat altyd gesukkel het om gewig te verloor, was dit merkwaardig. Ek het lekker geëet en het nie tussen maaltye honger geword nie. My energievlakke het gestyg en ek het beter begin slaap. Die plan WERK! Probeer dit gerus!”
Mathilda-van-Niekerk
MATHILDA VAN NIEKERK
Die voedsame en vetvrye voordele van eiervrug

Wat Maak Die 60 Dae Uitdaging Uniek?

Verloor gewig …

Die eetplan is ’n langtermynplan wat jou die beginsels van gesonde eetgewoontes leer sodat jy nooit weer oorgewig hoef te wees nie. Kry by dieetkundiges die beste, praktiese maerword-wenke én leer hoe om ingeligte keuses te maak terwyl jy jou leefstyl aanpas en gesonder leef.

Lyk mooi …

Gesondheidskenners en lewensafrigters help jou om nuwe eetgewoontes aan te leer, vriende te maak met die spieël en fantasties te voel! Kry ’n oefenplan wat spiere bou en vet verbrand. Die maklike oefeninge in die oefenvideo’s kan enige tyd, enige plek gedoen word.

Voel fantasties …

’n Sielkundige help jou om núút te dink en gewoontes te verander wat moontlik bydra tot jou gewigsprobleem. Leer ook om anders te dink oor jouself en die lewe, en ontdek die geloofskrag wat jy nodig het om nuut te begin.

Hoe Werk Die 60 Dae Uitdaging?

This text briefly introduces visitors to your main services.

uitgewerkte Eetplan

Die dieetkundige Amanda Kuit het ’n eetplan uitgewerk wat vir elke vrou kan werk. Kies elke dag kossoorte uit die voedselkeuselys om verskeidenheid in te werk.

Maerword-wenke

Lees elke weeksdag dieetkundiges se beste, praktiese dieetwenke én hoe om ingeligte keuses te maak terwyl jy jou leefstyl aanpas.

Nuwe Eetgewoontes

is jy vasgevang in ‘n eindelose siklus van ooreet, kitsdiëte en obsessiewe gedagtes oor kos? Leer by kenners oor voeding en hoe om gesonde eetgewoontes te kweek.

Voel Fantasties

Kenners, lewensafrigters en motiveringsprekers se motivering twee keer per week help jou om die regte besluite te neem om gesond te leef.

Verbrand vet–oefenvideo’s

Kry die fiksheidskenner Marijke Cilliers se verskillende oefenplanne met oefeninge wat vet verbrand. Dié maklike oefeninge in elke oefenvideo is sowat 15 minute lank.

Dink núút

Die sielkundige Catherine van Heerden se Dink jouself dun-video elke Maandag help jou om die bagasie af te gooi wat moontlik bydra tot jou gewigsprobleem.

Kry geloofskrag

Liesel Krause-Wiid, bekende predikant, lei jou om jou geloof te verdiep, hoop te vind en die wilskrag te kry wat jy nodig het om nuut te begin.

Facebook– groep

Word deel van ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep. En skakel weekliks in vir inspirerende Facebook Live-sessies, aangebied deur kenners!

Die Begin Van 'n Nuwe Jy, Begin Hier...

Skryf alleen in vir die 60 Dae Uitdaging, of skryf in vir jou en ‘n vriendin.

Die 60 Dae Uitdaging begin amptelik op 1 Februarie 2025

1 Persoon

(Kry toegang vir 1 peroon)
R299
R 149
  • Toegang tot die 60 Dae Uitdaging
  • Uitgewerkte Eetplan
  • Maerword-wenke
  • Verbrand Vet–Oefenvideo’s
  • Facebook–groep
  • Leer Nuwe Eetgewoontes
  • Kry Geloofskrag

Jy + 'n Vriendin

(Kry toegang vir 2 persone)
R499
R 249
  • Toegang tot die 60 Dae Uitdaging
  • Uitgewerkte Eetplan
  • Maerword-wenke
  • Verbrand Vet–Oefenvideo’s
  • Facebook–groep
  • Leer Nuwe Eetgewoontes
  • Kry Geloofskrag
Populêr

FAQ

Die 60 Dae Uitdaging begin amptelik op 1 Februarie 2025

Dit is ’n aanlynselfverbeteringsprogram, waar elke deelnemer ’n gesonde, gebalanseerde eetplan kry vir gewigsverlies. Daarby het elke deelnemer ook toegang tot ’n oefenprogram, dieetwenke en motiveringsvideo’s op haar profiel op Voelgoed-Leer.co.za. Daar is ook ’n eksklusiewe Facebook-groep waarby vroue kan aansluit om vrae te vra en mekaar te motiveer. Elke Donderdag gesels ‘n kenner lewendig op die groep.

Die eetplan(ne) is deur gekwalifiseerde dieetkundiges ontwikkel spesifiek vir vroue na aanleiding van die hoeveelheid gewig wat verloor moet word. Dit is ’n gesonde gebalanseerde eetplan met 3 etes per dag. Vroue leer hoe om porsiegrootte toe te pas deurdat hulle kosse uit die koskeuselys kan kies en afweeg of afmeet. Die kos is alledaagse voedselsoorte wat deur die hele gesin geëet kan word.

Die 60 dae-eetplan(ne) is spesifiek vir VROUE ontwikkel wat gewig wil verloor en wat nie spesifieke gesondheidskwale het nie. Dis nie geskik vir mans of kinders nie, hoewel die soort kosse deur mans en kinders geëet kan word, maar die porsiegroottes is spesifiek vir vroue geformuleer. Dis ook nie geskik vir vroue met verhoogde energiebehoeftes nie, soos swanger en borsvoedende vroue of vroue wat aan hoë intensiteit sport deelneem of wat aan kompeterende sport deelneem nie. Vroue met spesifieke gesondheidsprobleme soos byvoorbeeld voedselallergieë, kanker, artritis, nierkwale, lewerkwale, ens, moet ‘n dieetkundige raadpleeg voor hulle die 60 dae-uitdaging eetplan volg.

Slegs diegene wat ingeskryf en betaal het om aan die 60 dae-uitdaging deel te neem.

“Die Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram fokus op holistiese gesondheid, gewigsverlies, persoonlike groei en selfvertroue. Almal wat goeie vordering gemaak het tydens die 60 dae-uitdaging, kan inskryf vir die Nuwe Jy-program. Twintig vroue word genooi na ’n aanlyn onderhoud en tien word gekies om intensief aan die werk te spring. Daar is ook ’n kompetisie-element waartydens 4 vroue uitgestem word tydens die Nuwe Jy-program om uiteindelik ’n finale top-6 aan te wys. Al 10 vroue kom egter in aanmerking vir die Nuwe Jy-leserskeusetoekenning en word genooi na die Nuwe Jy-fees in Oktober. Die produkte en dienste wat gebied word tydens die program is onder meer: Slender Wonder se produkte en eetplan; Velsorg-produkte; ’n Besoek aan I Love My Smile, vir skitterwit tande; Twee sessies met die sielkundige Catherine van Heerden. Al die bogenoemde is gratis vir die 10 deelnemers. “

A detailed answer to provide information about your business, build trust with potential clients, and help convince the visitor that you are a good fit for them.
Scroll to Top