[Oudio] Ja vir nuuskierige agies grootmaak – Carla Lang, redakteur en skrywer
- Ouerskap [Oudio]
- Carla Lang
Is jou nuuskierige kinders se vrae uitputtend? Lees op oor dit wat hulle wil weet. So leer jy iets nuuts en help jou kind goed ontwikkel.
Dis ons plig as ouers om ons kinders se ingebore nuuskierigheid aan te wakker. Die vlam van kreatiwiteit, leergierigheid en ontwikkeling stook.
Dis moeilik om geduldig te bly. Boonop het baie van ons grootgeword met “nuuskierige agies verbrand hulle magies”. Of “van nuuskierigheid is die tronk vol en die kerk leeg”.
Maar verduidelikings is nie net belangrik omdat dit kinders leer hoe die wêreld werk nie, maar dit brei ook woordeskat uit en ontwikkel emosionele volwassenheid. Verder leer hulle om nie tweedimensioneel na dinge te kyk nie, maar verskeie perspektiewe te kan insien.
Dit verbeter ook jou verhouding met jou kind.
Kinders moet kan krities dink. En om dit te doen, moet hulle die vrymoedigheid hê om baie vrae te vra. Hulle moet voorsien word met behoorlike, soms herhaaldelike, verduidelikings.
Feitelike vrae soos: “Hoekom is die sterre so ver?” of “Hoekom is die son so skerp?”, is belangrik. As ons die tyd vat om ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Baie mans skram weg daarvan om hulleself geestelik en emosioneel voor hulle vrou te ontbloot. Hulle sukkel byvoorbeeld om voor hulle vrou te bid.
...Besluiteloosheid is waarom sukses mense ontwyk. Andrew Carnegie het beweer dat mense meer as gevolg van besluiteloosheid verloor as deur ’n slegte besluit.
...Esmé Maré
Om iets aandagtig te beoefen, beteken om dit met totale bewustheid te doen. In die geval van aandagtige eetgewoontes, moet jy met al jou aandag ...