Sterk genoeg om te wil dien

Sterk genoeg om te wil dien 

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was ... het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. (Filippense 2:5-7) 

Hoe voel jy wanneer jy die woord onderdanigheid hoor? Sewe jaar gelede was ek deel van ’n uitreik na Matlala naby Marble Hall. Voor ons in die township kon evangeliseer en bedien, moes ons eers ’n inligtingsessie oor die gemeenskap se kultuur bywoon sodat ons nie dalk meer skade as goed aanrig nie.

’n Jong vrou van die gemeenskap het ons toegespreek. Een spesifieke ding bly my tot vandag toe by: “Julle mag dalk dink dat ons vroue swak is omdat ons ons mans dien; inteendeel, ons is so sterk dat ons nie omgee om te dien nie.” Hierdie opmerking het my anders oor onderdanigheid laat dink.

Jesus, ons Verlosser, kom leer ons dat mag nie iets is waaraan ons moet vashou of onsself aan moet meet nie. Hierdie verlossing wat Hy bring, is nie slegs van toepassing op die lewe ná die dood nie, maar ook ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou ...

Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is ...

Scroll to Top