GeldGeheime-podsending
Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, is die aanbieder van die GeldGeheime-podsending, spesifiek vir die vrou wat haar finansies wil verstaan, beheer neem oor haar geldbesluite, en nie bang is om groot te droom nie!
Luister hoe Mia die geheime van geld ontrafel en vroue met praktiese wenke, eerlike raad én motivering leer hoe om slim te werk met hulle finansies – van skuldvry leef, spaar en voorsiening vir aftrede, tot slim beleggings.
Oudio
Voelgoed se oudio’s, met bedrewe aanbieders aan die woord, is propvol inspirasie wat jou anders sal laat dink en meer sal leer oor ’n verskeidenheid onderwerpe.
Nuutste podsending
[PODSENDING] 7 Eeue-oue GeldGeheime wat jou vandag ryk kan maak
11
- Mia Kriegler
“Die Rykste Man in Babilon”, deur George S Clason, met finansiële teksnotas deur my pa, Hein Kruger, het net oor ʼn 100 bladsye, maar het reeds miljoene mense se denke oor geld, skuld en beleggings ...
Méér podsendings
Mia Kriegler
- Mia Kriegler
- 10
Het jy ʼn belastingvrye spaarrekening? Hierdie belastingvriendelike beleggingstrukture verseker dat jou opbrengs belastingvry kan groei én jou onttrekkings daaruit word nie belas nie. Belastingvrye spaarrekeninge is beskikbaar vir alle Suid-Afrikaners, selfs vir kinders. Belastingvrye spaarrekeninge ...
Mia Kriegler
- Mia Kriegler
- 9
Is jou beleggingsportefeulje belastingdoeltreffend? Aftreefondse as belastingvriendelike beleggingstrukture bied jou die geleentheid om minder belasting te betaal én verseker dat jou opbrengs belastingvry kan groei. Aftreefondse val ook buite jou boedel en is buite bereik ...
Mia Kriegler
- Mia Kriegler
- 8
Warren Buffett is die bekendste en seker een van die mees suksesvolste beleggers van ons tyd. Wat kan ons by hom leer? Kom luister hoe die tydlose beginsels uit ses van sy bekende sêgoed jou ...
