[PODSENDING] Belastingvriendelike Beleggings – Geheime van Belastingvrye Spaarrekeninge (wat banke nie vir jou vertel nie)

Het jy ʼn belastingvrye spaarrekening? Hierdie belastingvriendelike beleggingstrukture verseker dat jou opbrengs belastingvry kan groei én jou onttrekkings daaruit word nie belas nie. Belastingvrye spaarrekeninge is beskikbaar vir alle Suid-Afrikaners, selfs vir kinders.

Belastingvrye spaarrekeninge maak jou beleggingsportefeulje meer belastingdoeltreffend en verminder jou belastinglas. Belastingvrye spaarrekeninge is beskikbaar vir alle Suid-Afrikaners, selfs kinders. Kom leer hoe belastingvrye spaarrekeninge werk en jy dit in jou portefeulje kan benut vir langtermyn groei en minder belasting.

  • Hoe werk belastingvrye spaarrekeninge?
  • Hoe verskil belastingvrye spaarrekeninge van uittree annuïteite en aftreefonds?
  • Hoe kan jy ʼn belastingvrye spaarrekening vir jou kind benut?
  • Hoe die banke wil hê jy belastingvrye spaarrekeninge moet gebruik, maar wat hulle nie vir jou sê nie.

ʼn Belastingvrye spaarrekening is ʼn fantastiese belastingvriendelike beleggingstrukture wat in jou finansiële plan hoort en jou beleggingsportefeulje oor die langtermyn gaan help om vir jou enorme welvaart te skep.

Maak seker jy belê so vroeg as wat jy kan so veel as wat jy kan en toegelaat word in jou belastingvrye spaarrekening sodat jou belegging die langste moontlike tyd het om belastingvry te groei.

Belê in langtermyn groeibates, soos buitelandse aandele, vir die beste groei geleentheid oor die langtermyn. ʼn Baie groot voordeel van belastingvrye spaarrekenings is dat dit vir alle Suid-Afrikaners beskikbaar is – selfs vir kinders.

Jy kan dus van dag een af vir jou baba ʼn belastingvrye spaarrekening oop maak en geld daarin begin belê. Indien hy of sy die volle voordeel van die rekening benut en die belegging hou tot hulle eendag oud is sal die belegging meer as genoeg wees om op af te tree.

Deel die oudio
Scroll to Top