GeldGeheime-podsending
Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, is die aanbieder van die GeldGeheime-podsending, spesifiek vir die vrou wat haar finansies wil verstaan, beheer neem oor haar geldbesluite, en nie bang is om groot te droom nie!
Luister hoe Mia die geheime van geld ontrafel en vroue met praktiese wenke, eerlike raad én motivering leer hoe om slim te werk met hulle finansies – van skuldvry leef, spaar en voorsiening vir aftrede, tot slim beleggings.
Oudio
Voelgoed se oudio’s, met bedrewe aanbieders aan die woord, is propvol inspirasie wat jou anders sal laat dink en meer sal leer oor ’n verskeidenheid onderwerpe.
Nuutste podsending
Episode 1
- Mia Kriegler
Jy werk hard vir jou geld, maar voor die einde van die maand het jy niks van jou salaris oor nie. Dalk het jy ’n praktiese, volhoubare begroting nodig waarmee jy jou gelddoelwitte kan bereik. ...
Méér podsendings
Elmine du Toit
- Elmine du Toit
Vanaf klassieke tye is rou groente met olie, asyn en sout geëet. Om gereeld slaai te eet, is ’n ou gesonde eetgewoonte, maar goeie keuses moet gemaak word. Beplan jou spyskaarte en inkopielys voordat jy ...
[Episode 10 – Oudio-reeks: Getroudwees, liefde en seks] Vroue het goeie emosionele intimiteit met hulle mans nodig om fisiek intiem te kan wees. Wanneer vroue se hart leeg is, is haar lyf ook leeg. Fokus ...
Lizelle van der Klashorst
- Lizelle van der Klashorst
As jou lewe en toekomsdrome in ’n doodloopstraat beland, is dit tyd om verandering te verwelkom. Jy kan dit met jou woorde en dade teweegbring. Verandering raak ons op ’n persoonlike vlak, en ook in ...
Lynette Beer
- Lynette Beer
“As jy ’n droomsoeker wil wees moet jy begin by die vraag: Wie is ek? Jy kan tog nie ’n droom leef as jy nie weet wie jy is nie,” sê LYNETTE BEER. Jy moet ...
Johan Laten
- Johan Laten
“Wanneer jou kind die simptome van depressie ervaar, moet asseblief nie ’n etiket om sy nek hang nie en sê: My kind is depressief,” sê JOHAN LATEN. Die eerste van die simptome van depressie wat ...
Jana Fischer
- Jana Fischer
Ons werk as gelowiges is om dissipels op aarde bymekaar te maak. Deur die regte dissipline maak ons kinders groot met Jesus in hulle harte. Ouers gaan nooit al die antwoorde hê nie. Ouerskap bly ...