Leer om … jou huwelik die kans te gee (wat dit verdien)

Leer om … jou huwelik die kans te gee (wat dit verdien)

“Elke huwelik sal hoogte- en laagtepunte hê,” sê GRETHA WIID, aanbieder van die AANLYN KURSUS Aanhou probeer of eerder gaan? 

Herken betyds die gevaartekens wat jou verhouding kan verwoes 

Wat ’n huwelik kan verwoes, verskil van paartjie tot paartjie. Herken betyds die gevaartekens en moenie hulle ignoreer en hoop op beter dae nie.

As julle konflik uitloop op mishandeling, moet jy dit ernstig opneem. Van julle probleme kan opgelos word met professionele hulp, maar ander kan die rede wees dat skei die beste uitweg is.

Ons het verskonings hoekom ons mense in die rede val. Moenie! Want as ’n mens gereeld in die rede geval word, groei jou frustrasievlakke. As die probleem nie opgelos word nie, begin ’n saad van ergerlikheid tussen julle ontkiem.

Wreweligheid in ’n verhouding is ’n groot probleem. Later is jy so geïrriteerd met jou wederhelfte dat niks wat hy doen jou meer gelukkig maak nie.

Tydens konflik begin julle mekaar persoonlik aanval. Wat van as die liefde van jou lewe, jou altyd slegsê. Jy kom later op ’n plek waar jy nikswerd voel.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Scroll to Top