[OUDIO] Bybelse troos oor gelowiges se dood 

“Vir die gelowige is daar groot troos rondom die dood. Dit is vir die Here die heel kosbaarste as ons veilig tuis by Hom is,” sê DR. ISAK BURGER. 

Die gelowige wat tuisgekom by die Here is vir Hom kosbaar. Dan is al die gevare verby. Daar sal nooit weer siekte wees nie. Nooit weer pyn nie. Nooit weer versoeking nie. Nooit weer ’n verleiding deur die vyand nie. Nooit weer smart nie. Nooit weer trane nie.

Die onsekerheid, omdat nie een van ons nog daar anderkant was nie, is vir seker daar. Maar die Bybel gee vir ons genoeg rede as gelowiges om, deur ons geloof, daardie sekerheid in ons hart te hê dat ons veilig is, want God het ons lief. Daar sal nie iets verkeerd loop by die dood nie. Daar sal nie ’n kaping van jou siel plaasvind wanneer jy sterf nie.

Die duiwel wat jou jou hele lewe lank gepla en versoek het … daar is nie ’n manier hoe hy of sy demone die gelowige se siel ná die dood kan opeis nie. Daar sal engele wees wat jou tot by die Here ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Gerridene Berg, voedingkundige en fiksheid-afrigter

Ons sal nooit antwoorde op al ons lewensvrae kry nie. Daarom moet ons kies of ons net gaan aanhou vra “hoekom”, of bloot gaan vertrou. ...

Estelle Henning, lewensafrigter

Ons hoor gereeld dat waarop jy fokus, ’n groot invloed op jou ervaring van jou alledaagse lewe het. Hoe meer jy op iets fokus, hoe ...

Charne Pretorius, persoonlike afrigter en pilates-instrukteur

Ons is almal soekend na die geheim vir gewigsverlies. Voor jy jou eetgewoontes kan verander, moet jy eers jou gedagtes oor jouself verander. Wanneer jy ...

Scroll to Top