[OUDIO] Jou slapeloosheid is God se gesels-tyd
- Geloof [Oudio]
- Elize Smit, taal- en kommunikasiespesialis
Ly jy soms aan slapeloosheid? Dit is die ideale geleentheid om tyd naby aan jou Skepper te spandeer. Sonder enige geraas of afleidings. Net jy en God.
Slapeloosheid word nie altyd net deur bekommernis of een of ander emosionele konsternasie veroorsaak nie.
Miskien is jy opgewonde oor iets wat die volgende dag moet gebeur. Dalk is dit jou man se gesnork wat jou nagrus versteur. Of dalk het jy wakker geword om die badkamer te gebruik en nou kan jy nie weer aan die slaap raak nie.
Wat die rede ook al is, daar lê jy nou in die bed en wag tevergeefs om in te sluimer. Jy kan die televisie aanskakel of aanlyn raad soek vir jou slapeloosheid …
Maar het jy al ooit daaraan gedink dat dit miskien God se manier is om iewers in jou besige skedule ’n bietjie kwaliteit-tyd saam met jou te kry? Hy wil met ons praat as ons stil en rustig is.
Ons dae is egter dikwels so vol en gejaagd dat ons nie Sy stem kan hoor nie, selfs al probeer ons om stil te ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Ons bly soms stilstaan by wie ons was. Ons laat ons nie toe om te groei nie. Maar soos die tyd verbygaan en ’n mens ...
Danelle Dreyer, eienaar van ’n gesondheidskliniek en finalis van die realiteitsreeks Ster-Status
Eet meer gereeld om gewig te verloor. As jy dit daaglikse deurvoer, is dit moontlik om gewig te verloor. En belangriker, ’n goeie gewig in ...
Estelle Henning, lewensafrigter
Ons hoor gereeld dat waarop jy fokus, ’n groot invloed op jou ervaring van jou alledaagse lewe het. Hoe meer jy op iets fokus, hoe ...