Bederf jou gesin met ’n lekker vakansie op die Tuinroete [Vennoot]
- Vakansie-vennoot
- ATKV-oorde
ATKV-Hartenbos is ’n spoggerige oord, geleë op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Gqeberha en bied aan besoekers die perfekte gesinsvakansie in die vars seelug. Dis naby die lughawe geleë en ’n ware paradys vir natuurliefhebbers.
’n Verskeidenheid ontspanningsgeriewe vir die hele gesin
Asof die natuurskoon nie genoeg rede is om die wêreldbekende Tuinroete jou keuse vir ’n wegbreek te maak nie, spog ATKV-Hartenbos ook met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe en vermaakaktiwiteite soos ’n pretpark, mini-gholfbaan, die Seefront-sentrum en nog vele meer.
Daar is iets vir die hele gesin om te doen om te verseker dat almal hulle vakansie ten volle geniet.
Ongekende gasvryheid met die mooiste uitsig oor die see en natuur
By ATKV-Hartenbos word elke gas deur pragtige natuurtonele en met ongekende gasvryheid verwelkom.
Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met die oord se verskillende soorte verblyf waar jy per eenheid en nie per persoon betaal nie.
Dit spog verder ook met verskillende soorte selfsorgakkommodasie soos rondawels, strandhuise, rivieroewerhuise, asook verskeie luukse verblyfopsies met bed en ontbyt by ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Droom jy van ’n bosveldvuur en ’n rustige aand onder die sterre? Bederf dan jou gesin met ’n vakansie wat almal sal geniet by ATKV-Klein-Kariba. ...
ATKV-Buffelspoort is ’n gewilde bosveld-vakansiebestemming in die Magaliesberge. Ontspan slegs ’n klipgooi weg van die wêreldbekende Sun City en minder as ’n uur se ry ...