Droom jy van ’n bosveldvuur en ’n rustige aand onder die sterre? Bederf dan jou gesin met ’n vakansie wat almal sal geniet by ATKV-Klein-Kariba. Kom ervaar hoekom hierdie toeristejuweel so besonders is.
’n Verskeidenheid geriewe is by die oord beskikbaar
Klein-Kariba is die ATKV se avontuur-oord en spog met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe en aktiwiteite.
Dis ’n ware stukkie paradys in die bosveld, ’n klipgooi van Johannesburg en Pretoria af.
Hierdie pragoord bied ook natuurlik ’n wye verskeidenheid bekostigbare verblyf vir almal, met egte bosveld-gasvryheid. Jy kan kies uit berghuise, houthuise, die Vishoekhuise, ’n verskeidenheid woonstelle, jeugtente vir groepsverblyf, gewone tente vir families, hotelkamers en kampeerstaanplekke.
Hope aktiwiteite om van te kies en keur
ATKV-Klein-Kariba is jou alles-in-een-vakansiebestemming, en is sowat negentig minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela in een van die Waterberge se mooiste klowe, geleë.
Klein-Kariba is die ATKV se avontuur-oord en spog met ’n verskeidenheid aktiwiteite soos trapbootjies, perde, vierwielmotorfietse, putt-putt, ’n waterglybaan, staproetes en nog vele meer.
Die kleinspan kan baljaar in die warm- en kouewaterswembaddens en op die glybaan.
Hulle kan selfs ’n bietjie die dam met die trapbootjies gaan verken. Ná ’n dag van ontspan, kan hulle Koswerf besoek en smul aan die vele geregte op die spyskaart as ma (of pa) ’n ruskans wil neem van kosmaak.
Jy en jou gesin verdien ’n wegbreek. Bespreek nou by klein-kariba.co.za/besprekings of besoek atkvoorde.co.za/promosies vir sakpas-aanbiedings. Moenie langer wag nie!
Baie meer as net ’n gewone oord en pragtige vakansiebestemming
Indien jy die omgewing wil verken, is daar kultuur- en geskiedkundige roetes wat jy kan besoek – Leipoldt se kultuurroete, die Mahlakahlaka-ruïnes en die Buyskop-roete, wat ’n belewenis vir elke kultuur- en geskiedenisliefhebber.
Vir die avontuurlustiges is daar is wild- en boogjag, asook valskerm- en tandemspring.
Almal het ’n wegbreek nodig en ATKV-Klein-Kariba is net die medisyne om jou kop skoon te kry en jou van jou sorge te laat vergeet.
Danksy elkeen wat gereeld ’n draai by dié juweel in die bosveld kom maak, is dit een van die mees gesogte vakansiebestemmings in Suid-Afrika.