Voelgoed Inspirasievrou 2026

Die VOELGOED INSPIRASIEVROU TOEKENNINGS gee graag erkenning aan Suid-Afrika se méés inspirerende vroue – gewone vroue wie se omgee jou lewe en dié rondom jou verander!

Voelgoed #30Verjaardagviering en Inspirasievrou Toekennings 2026

Verjaardagviering en Inspirasievrou Toekennings

Voelgoed Media vier 30 jaar, en vir die eerste keer ooit word dié verjaardagviering saam met die Inspirasievrou-toekennings as ’n glansryke Pienk Tapyt-geleentheid aangebied!

Gewone vroue, buitengewone stories

’n Inspirasievrou kan jou ma, dogter, familielid, vriendin, buurvrou, kollega óf selfs jy wees!
Die paneel van beoordelaars kies twintig finaliste uit ’n langlys van vyftig vroue, wat die Pienk Tapyt-glansgeleentheid bywoon waar die wenner van die Inspirasievrou-toekenning aangekondig sal word.
Stemme van die publiek word ook in ag geneem wanneer die Inspirasievrou 2026 aangewys word.

Hoe die proses werk!

Nominasies

FEBRUARIE TOT APRIL
Nominasies vind plaas vanaf 1 Februarie tot 30 April, waarna ’n langlys van vyftig vroue in Julie aangekondig word.

Publieke stemme

AUGUSTUS
Publieke stemme vir die langlys word in ag geneem, die stemming vind plaas tydens Vrouemaand en sluit op 31 Augustus.

Beoordeling

SEPTEMBER
’n Paneel van beoordelaars kies in September twintig finaliste, wat die toekenningsgeleentheid in November bywoon.

Pienk Tapyt-glansgeleentheid

NOVEMBER
Tydens die Inspirasievrou Toekennings op 7 November word die top vyf finaliste, asook die uiteindelike wenner aangekondig.

Paneel van beoordelaars

’n Paneel van onafhanklike beoordelaars word jaarliks op grond van hul toepaslike ervaring en kundigheid aangewys.

Venessa-Schoeman-nuwe-gesig-foto

Venessa Schoeman

Handelsmerkbestuurder, Voelgoed Media

René Roux

René Roux

Bestuurshoof Media, Helpende Hand

Lindie Strydom

Aktrise, spreker en skrywer

Anine Wallace

Hoof Uitvoerende Beampte, Potch Academy

Pienk Tapyt-glansgeleentheid

Die paneel van beoordelaars kies twintig finaliste uit ’n langlys van vyftig vroue, wat op 7 November die toekenningsgeleentheid bywoon waar die top vyf finaliste, asook die wenner van die Inspirasievrou-toekenning vir 2026 aangekondig sal word.

Die pienk tapyt word uitgerol vir die finaliste, VIP-gaste, gaskunstenaars en glanspersoonlikhede, asook die publiek wat die geleentheid het om kaartjies te koop.

Voelgoed Media vier 30 jaar, en vir die eerste keer ooit word dié verjaardagviering saam met die Inspirasievrou-toekennings as ’n glansryke Pienk Tapyt-geleentheid aangebied!

Kliek hier om kaartjies te koop vir die Pienk Tapyt-glansgeleentheid.

Wat gewen kan word!

Groot pryse, insluitend ’n #Girls-bootreis, pasgemaakte juweelstuk, mediablootstelling-pakket, pasgemaakte klere, luukse ontwerpersgeskenk en skoonheidsprodukte, ter waarde van R100 000 kan deur die Inspirasievrou 2026 gewen word!

Van naweekwegbreke tot gratis lidmaatskappe vir die Voelgoed-vriendinneklub is van die pryse wat gewen kan word deur die finaliste én die persone wat die finaliste genomineer het.

2025 se Inspirasievrou-wenner!

Santi Britz is November 2025 tydens ’n pienktapyt-glansgeleentheid aangewys as die Voelgoed Inspirasievrou van die Jaar!
’n Vrou wie se moed, deernis en onwrikbare deursettingsvermoë nie net haar gemeenskap verander nie, maar ook die harte van mense regoor Suid-Afrika raak.

In Potchefstroom en by die Noordwes-Universiteit is Santi bekend as die persoon na wie mense wend wanneer dit by geslagsgeweld kom.
Sy staan vrywillig en sonder vergoeding langs slagoffers van verkragting – vanaf die eerste aanmelding tot die einde van die proses.
Met groot empatie stap sy die pad saam met elke slagoffer, omdat sy self die pyn en uitdagings van dié reis ken.

Ons 30 finaliste is aangewys!

Die pienk tapyt word uitgerol vir die dertig finaliste, beoordelaars, VIP-gaste, gaskunstenaars en glanspersoonlikhede – en JY wil beslis deel wees van hierdie Pienk Tapyt-glansgeleentheid!

Beperkte kaartjies is beskikbaar, kliek hier om kaartjies te koop.

VANDERBIJLPARK ● KOMPAS GEMEENTE, VANDERBIJLPARK

Early Bird-kaartjies beskikbaar – jy kan tot 25% spaar op jou toegang tot die Vroue wat Glo-retreat! 
Geldig tot 30 Junie. 

Goeie nuus, jy kan jou kaartjie afbetaal – kliek op die AFBETAAL-KAARTJIE (Geldig tot 16 Junie).

VOELGOED-VRIENDIN [VIP]
Grondvlak Voor

R 99
R149
per persoon
  • ● Sondag 10 Augustus

    ● 14:00 tot 17:00

    ● Registrasie vanaf 13:00

    +

    ● Sitplek vóór

    ● VIP-toegang

Koop jou kaartjie

R 129
R149
per persoon
  • ● Sondag 10 Augustus

    ● 14:00 tot 17:00

    ● Registrasie vanaf 13:00

AFBETAAL-KAARTJIE

R45

+ R45 + R45


R129
per persoon
  • ● Sondag 10 Augustus

    ● 14:00 tot 17:00

    ● Registrasie vanaf 13:00

    +

    ● R45 deposito
    + R45 einde Junie + R45 einde Julie

    ● Aanbod geldig tot 16 Junie

    ● Deposito nie terugbetaalbaar nie

    ● Kaartjie slegs geldig indien ten volle afbetaal

PRETORIA ● CHOOSE LIVE CHURCH, MORELETA PARK

Early Bird-kaartjies beskikbaar by Choose Life Church – jy kan tot 25% spaar op jou toegang tot die Vroue wat Glo-retreat! 
Geldig tot 30 Junie. 

Goeie nuus, jy kan jou kaartjie afbetaal – kliek op die AFBETAAL-KAARTJIE (Geldig tot 16 Junie).

Gratis koffie en tee met aankoms – slegs vir Voelgoed-vriendinne én Grondvlak Voor kaartjies! 

VOELGOED-VRIENDIN [VIP]
Grondvlak Voor – A + B + C

R 99
R149
per persoon
  • ● Saterdag 23 Augustus

    ● 09:00 tot 13:00

    ● Registrasie vanaf 08:00

    +

    ● Gratis koffie en tee

    ● Sitplek vóór

    ● VIP-toegang

Grondvlak Voor –
A + B + C

R 129
R149
per persoon
  • ● Saterdag 23 Augustus

    ● 09:00 tot 13:00

    ● Registrasie vanaf 08:00

    +

    ● Gratis koffie en tee

Grondvlak Agter –
A + B + C

R 109
R129
per persoon
  • ● Saterdag 23 Augustus

    ● 09:00 tot 13:00

    ● Registrasie vanaf 08:00

AFBETAAL-KAARTJIE
Grondvlak Agter –
A + B + C

R40

+ R40 + R40


R149
per persoon
  • ● Saterdag 23 Augustus

    ● 09:00 tot 13:00

    ● Registrasie vanaf 08:00

    +

    ● R40 deposito
    + R40 einde Junie + R40 einde Julie

    ● Aanbod geldig tot 16 Junie

    ● Deposito nie terugbetaalbaar nie

    ● Kaartjie slegs geldig indien ten volle afbetaal

Dankie aan ons borge!

Potchefstroom Akademie – begin jou suksesvolle loopbaanreis met voltydse en deeltydse kwalifikasies, kliek op potchacademy.co.za

In samewerking met die liefdadigheidsorganiasie Helpende Hand, kliek op helpendehand.co.za

VOELGOED INSPIRASIEVROU 2026

Inspirerende vroue

Voelgoed gee graag erkenning aan
gewone vroue wat ‘n buitengewone rol
in die gemeenskap speel!

Toekenningsgeleentheid

Op 7 November word die
finaliste en uiteindelike wenner
aangekondig

Scroll to Top

Voelgoed-vriendinne

As jy deel is van die Voelgoed-vriendinneklub, vul jou lidmaatskapnommer in om jou kaartjies te koop.

Code Checker

As jy nog nie deel is van die vriendinneklub nie, kliek op Sluit aan!

Voelgoed-vriendinne

As jy deel is van die Voelgoed-vriendinneklub, vul jou lidmaatskapnommer in om jou kaartjies te koop.

Code Checker

As jy nog nie deel is van die vriendinneklub nie, kliek op Sluit aan!