Lize Leonard is ’n fotograaf en broodwinner wat ondanks finansiële uitdagings en haar man se stryd met MS hard werk om ’n beter toekoms vir haar gesin te bou. Deur L4 Family Adventures wys sy ander dat uitdagende omstandighede nie die einde van ’n vol lewe beteken nie. Sy gebruik haar eie ervaring om mense aan te moedig om steeds herinneringe te maak.