Vasti het in 2015 ’n SOS-netwerk in Bronkhorstspruit begin wat vandag duisende mense in talle groepe verbind. Tydens die COVID-19-inperking het sy 137 gesinne aan donateurs gekoppel. Deur Bronkieshoop verskaf sy maandeliks kos en noodsaaklike hulp, terwyl sy ook klere insamel, werksgeleenthede skep en fondse vir plaaslike projekte insamel.