Deidre Viljoen gebruik haar platform, Plaas en Vrou, om die werklikheid van plaaslewe en die rol van vroue en ma’s daarin te belig. Sy deel positiewe inhoud, moedig vroue aan om hul eie ondernemings te begin en bou ’n ondersteunende gemeenskap. Deur haar platform bemoedig sy ander vroue om ook te begin, al is dit klein.